Local sportSport

Bulletjierugby skop nuwe seisoen af met spesiale byeenkoms

Die Bulletjierugby seisoen word vanjaar met ’n inligtingsessie by Loftus Versfeld ingelei.

Die Blou Bulle se Bulletjierugby-model is wêreldbekend en groot sterre van die spel het deur die jare hul eerste rugby-treë in dié formaat gegee.

Die projek met die bekende Bullejie-logo is jaarliks ’n groot trekpleister vir beginner-rugbyspelertjies en hul ouers. Amptelike Bulletjierugby-dae word jaarliks by skole en klubs aangebied, terwyl die unie se groot Bulletjiedag by Loftus Versfeld jaarliks sowat 5000 jong Bulletjies en byna dubbel soveel geesdriftige toeskouers lok.

Die Blou Bulle Rugby-Unie (BBRU) het in samewerking met hul borge besluit om die konsep van Bulletjierugby opnuut aan belangstellendes bekend te stel. Die unie nooi daarom alle ouers, asook Bulltjierugby-afrigters en skole-koördineerders na ’n loodsingsgeleentheid om meer inligting oor dié projek vir 2017 te kry.

Belangstellendes word genooi om op Woensdag 8 Februarie om 18:00 op die hoofpavijoen van Loftus Versfeld bymekaar te kom vir ’n inligtingsessie wat ’n uur sal duur.

Die bekende sportsielkundige, dr. Jannie Putter, sal belangstellendes by hierdie geleentheid toespreek oor die tema “My kind, die rugbyspeler”.

Daarna sal sake soos die Bulletjierugby jaarprogram en Bulletjierugby bestuur, die format van Bulletjierugby as spel en die afrigtingsbeginsels daarvan ook bespreek word.

Uitrusting, toerusting en Bulletjie-plakkate sal ook aan deelnemende skole voorsien word. Parkering sal beskikbaar wees agter die suid-paviljoen, vanaf die Lynwoodweg ingang.

Vir meer besonderhede oor die Bulletjierugby konsep kan die BBRU se webblad by www.thebulls.co.za of die amptelike Bulletjierugby Facebook blad besoek word.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button