Local sportSport

Jonges laat die houte klap op rolbalbaan

Jong rolbalspelers vanoor die hele Gauteng het by die onlangse Gauteng Jeug Uitdaagtoernooi gewys dat die sport besig is om te groei onder die jeug.

Die jaarlikse Gauteng Jeug Uidaagtoernooi is onlangs op die bane van die Munisipale Rolbalklub in Pretoria afgehandel.

Soos Rekord reeds verlede jaar berig het, is rolbal lankal nie meer ’n sport net vir oumense nie. Al hoe meer jonger spelers neem deel aan rolbal en dit lyk of Pretoria van die land se beste jong spelers oplewer.

Spanne van provinsies soos Gauteng Noord (Pretoria), Ekurhuleni (Oos-Rand) en die Sables van Wilgeheuwel (Wes-Rand) het by hierdie toernooi op o.15, o.20 en o.30 vlak teen mekaar gekompeteer.

Die plaaslike spanne van Gauteng-Noord het in twee van die afdelings koning gekraai toe beide die o.30’s en die o.20’s hul afdelings gewen het. In die afdeling vir o.15 spelers was dit egter die Wes-Randers van Sables wat met die eerste plek kon spog.

Die o.20’s van Gauteng Noord se oorwinning in hierdie toernooi volg op hul prestasie van verlede jaar toe hulle as nasionale kampioene gekroon is.

Gauteng-Noord se naasbeste spanne het in elke afdeling tweede plekke behaal.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button