Local sportSport

TuksStoei se Uitdaagtoernooi lok internasionale deelname

Die jaarlikse TuksStoei Uitdaagtoernooi het die afgelope naweek byna 500 stoeiers vanoor Suid-Afrika gelok, terwyl ’n span uit Duitsland ook deelgeneem het.

TuksStoei se jaarlikse Uitdaagtoernooi is die afgelope naweek weer aangebied en vanjaar het die toernooi internasionale status gekry met die deelname van ’n span uit Duitsland.

Die Rembrandt saal op die LC de Villiers sportkampus van die Universiteit van Pretoria was Saterdag weer ’n miernes van bedrywighede, nadat 456 stoeiers van oral oor Suid-Afrika én die gaste uit Duitsland opgedaag het vir dié gewilde toernooi. Sowat 600 stoeiegevegte met deelnemers vanaf so jonk as 6 jaar, tot senior stoeiers is op die toernooi afgehandel. Daar was ook weer verskeie meisies in aksie.

Prof. Fanie Vermaak van Stoei Gauteng-Noord het aan Rekord gesê dat hulle die afgelope jare ’n baie goeie verhouding met die stoeigemeenskap in Duitsland opgebou het. ’n Plaaslike span toer die afgelope jare gereeld in Duitsland en vanjaar het hulle die Duitsers genooi om hier te kom toer en tersefldertyd ook aan dié toernooi deel te neem.

Daar was vooraf geleentheid om sosiaal met die Duitsers te kuier, nadat hulle in die week voor die toernooi die fasiliteite van TuksStoei gebruik het om voor te berei vir die aksie.

Die goeie opkoms na hierdie toernooi bewys weer dat stoei steeds gewild bly onder alle Suid-Afrikaanse gemeenskappe. Stoei is ’n klassieke sport wat beskou word as die ideale fisieke aktiwiteit wat deelnemers se liggaam en gees opbou, aangesien dit sterk steun op fiksheid en krag, terwyl dit terselfdertyd ook die individu se dissipline en sportmangees opbou.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button