Centurion rugbyspan mik na nog ’n titel
Centurion Rugbyklub speel Saterdag teen Quins Bobbies Rugbyklub in die halfeindstryd van die Assupol Klubreeks.
Na hul sukses in die Carltonliga verlede seisoen is die eerstespan van Centurion rugbyklub se visier ingstel om vanjaar vroeg reeds hul eerste titel in te palm.
Die span van die nuwe Quins Bobbies rugbyklub staan egter eerskomende Saterdag breed in hul pad, wanneer die twee klubs mekaar in die halfeindstryd van die Assupol Klubtoernooi ontmoet.
Centurion het bo geëindig in hul groepwedstryde. Dié groep het moeilike opponent soos Tukkies en Brakpan ingesluit. Die Quins Bobbies klub was die beste in hul groep, wat UJ, Springs en Noordelikes van Pietersburg ingesluit het.
Die twee spanne se wedtstryd begin Saterdag om 17:00 by Centurion Rugbyklub. Die rugby-aksie by die klub sal egter reeds vroeër begin met die o.21 halfeindstryd (Tuks vs UJ) om 13:00, gevolg deur die halfeindstryd van die tweede spanne (15:00), waarin Tuks teen Quins Bobbies te staan sal kom.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord onFacebook, follow us on Twitter or Instagram
