Local sportSport

Ster losskakel van Bulls vereer deur alma mater

HTS John Vorster het een van hul oud-leerlinge vereer vir sy prestasies op die rugbyveld.

Die gewilde losskakel van die Blou Bulle en die Bulls, Tian Schoeman, maak baie kenners opgewonde met sy spel op die rugbyveld.

Daar is selfs van sy ondersteuners wat trots vertel dat Schoeman die eerste losskakel uit die Moot-area is wat die Bulle op die hoogte vlak verteenwoordig sedert Naas Botha 40 jaar gelede op die toneel verskyn het.

Schoeman was in 2009 in matriek aan die Hoër Tegniese Skool John Vorster in die Moot. Hoewel hy nie Cravenweek rugby gespeel het nie, het Schoeman die jaar na matriek naam gemaak in die Pumas se o.19 span en in 2011 het die Bulle hom teruggelok na Pretoria.

Nadat hy eers op o.21 vlak vir die Blou Bulle uitstekende spel gelewer het, was hy ook deel van Tukkies se Varsitybeker span wat dié gesogte toernooi in 2013 gewen het. Daarna het hy stelselmatig sy pad na bo oopgeveg via die Vodacombeker toernooi en later ook die Curriebeker toernooi, totdat hy in 2015 die debuut gemaak het in SuperRugby.

HTS John Vorster het besluit om Schoeman as oud leerling van die skool te vereer vir sy prestasies op die rugbyveld en hy het onlangs ’n spesiale toekenning van die skool ontvang. Sy prestasies dien beslis ook as motivering vir seuns uit die Moot om te weet dat harde werk beloon sal word en dat hulle wel kan deurbreek tot op die hoogste vlak in sport as hulle hul geleenthede aangryp.

 

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord onFacebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button