Local sportSport

Fit Pretoria bied die ideale tuiste vir padatlete in die Moot

Die Fit Pretoria hardloopklub is ’n tuiste vir padatlete van alle ouderdomme en alle vaardigheidsvlakke in die Moot.

By die Fit Pretoria hardloopklub word daar geglo dat hardloop een van daardie dinge is wat mens nie alleen moet doen nie.

Atlete van hierdie klub glo dat dit baie lekkerder is om die langpad aan te durf met vriende rondom jou. Daarom is ondersteuning vir klublede een van die voorste prioriteite by Fit Pretoria.

Ondersteuning sluit die hele spektrum in vir elke nuwe lid wat aansluit. Eerstens hanteer die klub atlete se registrasie by AGN (die Gauteng-Noord Atletiekunie). Dit beteken dat ’n geregistreerde ateleet nie by elke wedloop waaraan hy deelneem ’n ekstra R30 hoef te betaal vir ’n tydelike lisensie, wat net geldig is vir daardie wedloop nie. Om elke Saterdag as ’n ongelisensieerde atleet  aan ‘n wedloop deel te neem, gaan uiteindelik ongeveer R1 560 per jaar kos, sowat ’n vyfde van die jaarlikse klubfooi by Fit Pretoria.

Amptelike lede van die klub kry boonop verskeie ander voordele as hulle aansluit.

Tydtoetse oor afstande van 4km en 8km word elke Dinsdagmiddag/aand aangebied.  In die somermaande begin die tydtoetse om 18:00 en in die wintertyd om 17:30. Hierdie tydtoetse begin by die NG Kerk op die hoek van Ben Swart en 16e Laan in Rietfontein.  Veilige parkering is beskikbaar binne in die kerkterrein.

Daar word ook gepoog om ’n ondersteuningspan by so veel as moontlik wedlope beskikbaar te hê om atlete by te staan. Die klub se tent word by verskeie wedlope opgeslaan om ook logistieke bystand en verversings te akkomodeer.

Fit Pretoria se sosiale samesyn word nie afgeskeep nie. Braai of sop-aande is baie gewild, terwyl standaard funksies soos die Comrades braai jaarliks aangebied word. ’n Jaareind-funksie waartydens presteerders en staatmakers vereer word, is ook deel van die klub se program.

Atlete wat deelneem aan groot wedlope soos die Comrades marathon word deur die klub bygestaan met logistiek rondom die wedloop soos verblyfreëlings en vervoer vanaf akkomodasie na die wedloop.

Fit Pretoria is dus die ideale hardloopklub vir atlete op alle vaardigheidsvlakke. Of jy nou besluit om jou lewe te verander deur binnekort jou eerste 5km of 10km wedloop aan te pak en of jy ’n ervare Comrades atleet is, dié klub sal jou met ope arms ontvang en ondersteun.

Vir meer besonderhede kontak Henriette Strydom by 082-513-8616 of besoek die klub se webblad by www.fitpretoria.co.za

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button