Local sportSport

Blou Bulle besoek Noordelikes-Dragons klub

Rugbyliefhebbers en Bloubul ondersteuners noord van die Magaliesberg het verlede Donderdag die geleentheid gehad om verskeie van hul Bloubul helde persoonlik te ontmoet toe hulle die Noordelikes Dragons klub besoek het.

Verlede Donderdagmiddag teen vieruur sou enige besoeker aan die Noordelikes-Dragons Rugbyklub in Pretoria-Noord gesukkel het om parkeerplek te kry op dié klub se terrein.

Die gemeenskap noord van die Magaliesberg het dié dag na die klub opgeruk om skouer te kon skuur met hul Bloubul-helde, wat Noordelikes-Dragons besoek het as deel van die Blou Bulle Rugby-unie se inisiatief om interaksie te bewerk tussen gewone rugbyliefhebbers van Pretoria en dié unie se professionele spelers en afrigters.

Verskeie SupeRugby-spelers, asook spelers van die Blou Bulle se span wat tans in aksie is in die SuperSport Rugby Challenge (plaasvervanger van die Vodacombeker- toernooi), was deel van die groep wat vir die mense van die noorde kom kuier het.

Onder leiding van een van die Bulls se hulpafrigters, die gewese Springbok-haker Gary Botha, is die skoolseuns wat vir die Bulle se besoek opgedaag het volgens ouderdomsgroepe ingedeel en hulle kon deelneem aan ’n oefensessie waar basiese rugby-tegnieke aan hulle verduidelik en gedemonstreer is.

Na afloop van die oefensessie het die kinders én hul ouers die spelers oorval om hul handtekeninge te kry of foto’s saam met hulle te neem.

Die spelers het ook die geleentheid gehad om Niel (14) en Gerhard Bouwer (12) te ontmoet. Dié twee broers ly aan die genetiese siekte Adreno Leuko Distrofie (ALD) en hulle is reeds albei aan rolstoele gekluister.  Hulle is deur hul pa Gerhard en ouma Irene na die klub vergesel. Administrateurs van die klub het vir elkeen van die broers ’n spesiale plakkaat én ’n rugbybal deur die spelers laat teken.

https://www.facebook.com/BullsOfficial/videos/1755277214530687/

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button