Local sportSport

Groot toekoms voorspel vir jong Ruan Nortjé

‘n 20-jarige jong slot van die Blou Bulle se Curriebekerspan het die afgelope paar seisoene gewys dat persepsies oor die herkoms en kwaliteit van spelers vinnig besig is om afgebreek te word in die nuwe era wat beroepsrugby tans betree.

Na baie jare waartydens puik rugbyspelers groot frustrasie moes beleef om hulself as top spelers te vestig wanneer hulle nié vir die ‘regte’ skool uitgedraf het en dus nie ‘n behoorlike kans in provinsiale skolespanne gekry het nie, is dinge stadig maar seker besig om te verander.

Een van die spelers wat deesdae as inspirasie kan dien vir skoolseuns wat glo dat hulle aan die “verkeerde kant van die stad” probeer om hulself te laat geld, is Ruan Nortjé, wat onlangs op 20-jarige ouderdom sy debuut in die Blou Bulle se Curriebeker span op slot gemaak het.

Nortjé het ná sy laerskooldae by Laerskool Tuine sy skoolloopbaan by Hoërskool Wonderboom voortgesit.

Reeds in dié skool se junior spanne het Nortjé uitgestaan as begaafde speler en op o.16 vlak haal hy die Blou Bulle se B-span in die proewe vir die Grand Khomo toernooi.

Met hom as deel van Wonderboom se eerstespan doen die span besonder goed in die Blou Bulle se Stadsbeker liga en ná puik spel vir die Wonnies se Tiere haal Nortjé die Blou Bulle se Akademie span in sy matriekjaar.

By die nasionale Akademieweek speel hy sulke skitterende rugby dat die Blou Bulle se werwingspersoneel hom bo die Cravenweek slotte verkies om ‘n junior kontrak aan te bied. Hierdie vertroue in hom word korrek bewys toe hy aan die einde van 2017 as die Bulle se o.19 Speler van die Jaar aangewys word.

Ook die nasionale o.20 bestuur het van Nortjé kennis geneem, want hy word vroeër vanjaar na die Junior Bokkies se proewe genooi. Daarna word hy die enigste Bloubul speler wat verkies word as deel van dié span om Suid-Afrika by die o.20 wêrelbeker te verteenwoordig.

By die wêrelbeker toernooi in Frankryk was Nortjé een van die Junior Springbokke se sterre. Hulle het ongelukkig met een punt in die halfeindsrtyd teen Engeland verloor, maar in die uitspeelwedstryd om die brondmedalje klop die Jong Bokkies Nieu-Seeland met ‘n telling van 40-30.

Nortjé het so goed vertoon in die o.20 wêreldbeker toernooi dat hy die enigste speler uit die Junior Bokkies se span word om later as slot ingesluit te word by die amptelike “Span van die Toernooi”, wat deur kenners aangewys is.

Die Blou Bulle se Curriebeker afrigter, Pote Human, het reeds by verskeie geleenthede laat blyk dat Nortjé volgens hom ‘n groot rugbytoekoms het. Hoewel hy ‘n maand voor die afskop van die  Curriebeker toernooi eers 20 jaar oud geword het, is hy reeds een van die Blou Bulle se uitblinkers.

Nortjé is nie net ‘n bewys dat die Blou Bulle se beroemde slotfabriek steeds produktief is nie, maar ook dat toewyding en harde werk sukses kan bring vir enige rugbyspeler – al speel hy nie in die top skoleligas vir een van die meer prominente skole nie.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button