Local sportSport

Colbyn-Oostelikes se Miss Mini toernooi vier vyftigste verjaardag

Meer as ‘n honderd rolbalspelende dames van Pretoria het verlede week die jaarlikse Miss Mini Rolbaltoernooi by die Colbyn-Oostelikes Rolbalklub bygewoon.

Een van Pretoria se bekendste en gewildste sosiale rolbaltoernooie het onlangs vyftig jaar oud geword.

Die Colbyn-Oostelikes Rolbalklub se gewilde ‘Miss Mini’ toernooi word reeds sedert 1969 ononderbroke aangebied en vanjaar kon die klub en al hul gaste dié toernooi se 50ste verjaardag vier.

Hierdie jaarlikse toernooi, wat drie dae duur, word eksklusief vir dames aangebied. Spanne van vier spelers skryf vir die toernooi in en die wentrofee is ‘n baie gesogte item in rolbalkringe van Pretoria.

‘n Volbaan van 104 spelers het vir vanjaar se groot herdenkingstoernooi ingeskryf. Volgens Ina Fourie van Colbyn-Oostelikes het dié toernooi baie lojale deelnemers en sommige van dié wat vanjaar deelgeneem het, het al twintig Miss Mini toernooie agter die blad.

Hierdie deelnemers ruk gewoonlik op vanoor die hele Pretoria om die Miss Mini-projek te steun.

Behalwe vir die aksie op die baan deel die dames ook in baie pret wanneer diaar nie rolbal-houte gerol word nie. Elke deelnemende span nonimeer ook een van hul lede om tydens ‘n trekking die kans te staan om as die amptelike Miss Mini van die toernooi gekroon te word.

Dié titel is baie gesog en die wenner word dan op ‘n spesiale funksie tydens die laaste dag van die toernooi soos ‘n ware skoonheidskoningin behandel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button