Local sportSport

Groot hengelfees vir gestremdes kry hupstoot

Die jaarlikse hengelkompetisie van Ramcat Fish, wat by die Irene Country Lodge in Centurion aangebied word, het die afgelope week ’n hupstoot gekry met ’n stewige donasie van verskeie PostNet winkels in Pretoria.

Die jaarlikse Ramcat hengelfees vir gestremde hengelaars vind eerskomende naweek op 1 September by die Irene Counrty Lodge in Centruion plaas.

Hierdie unieke hengelbyeenkoms lok steeds gestremde hengelaars van heinde en ver en is waarskynlik die grootste van sy soort in die land.

Die bestuur van die Irene Counrty Lodge in Centruion het sedert verlede jaar se byeenkoms baie moeite gedoen om die ervaring vanjaar nog aangenamer te maak vir deelnemers. Daar is onder andere geplaveide paadjies op die oewer van die dam aangebring, wat beweging vir die rolstoel hengelaars baie makliker sal maak.

Sondag se aksie begin reeds om 06:30 met die registrasie van deelnemers, waarna ontbyt teen 08:30 bedien sal word. Daarna sal die hengel-aksie begin en duur tot om 14:30, wanneer die hengelaars en hul gaste met braaivleis vir middagete getrakteer sal word, terwyl pryse uitgedeel sal word.

Die hooforganiseerder, Gerard (Yster) Smal, het oudergewoonte groot moeite gedoen om te sorg dat so veel as moontlik deelnemers pryse kan ontvang. As deel van die dag se pret word verskeie pryse uitgedeel, hoewel die hengelfees nie ’n amptelike kompetisie is nie.

Vanjaar se hengelfees het ook onlangs ’n groot hupstoot gekry met ’n stewige donasie van die PostNet winkels in Brooklyn, Groenkloof, Hatfield en Woodhill.

Johan Janse van Rensburg van PostNet is self ’n gestremde persoon en hy het dus ’n passie om mede gestremde persone te help.

Janse van Rensburg is ’n gewese lugmag vlieënier. Hy het een van sy bene verloor ná ’n vliegongeluk. As sakeman doen hy egter deesdae wat hy kan om mede gestremdes te help.

Nog ’n legende van die Suid-Afrikaanse Weermag, die beroemde verkenningsoldaat Wynand du Toit, sal ook Sondag by die hengelfees teenwoordig wees. Du Toit het beroemdheid verwerf toe hy jare in ’n tronk in Angola deurgebring het tydens die Grensoorlog.

Vir enige navrae oor Sondag se hengelfees, skakel Gerard Smal by 081-754-8144 of stuur ’n epos na ystersmal@gmail.com .

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button