Local sportSchool sportSport

Top skole begin seisoen op hoë noot by Abrie van Staden atletiekbyeenkoms

Hoërskool Garsfontein se jaarlkse Abrie van Staden atletiekbyeenkoms het verlede Vrydagaand in perfekte atletiekweer plaasgevind en atlete van ses top skole het mekaar tot baie goeie prestasies aangevuur.

Daar was vanjaar minder nuwe rekords, maar met die standard van die atletiek wat opgedis is by die Hoërskool Garsfontein se jaarlikse Abrie van Staden Atletiekbyeenkoms het niks geskort nie.

Dit kon ook nie anders nie, met drie van die deelneemnde skole wat verlede jaar deel was van Pretoria se Jakaranda interhoër (A-bond) – die gasheer, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Montana en Hoërskool Oos-Moot. Daarbenewens was die top sportskool uit die Oos-Rand, Dr. EG Jansen weer ’n deelnemer, terwyl Johannesburg se spogskool, Helpmekaar Kollege, ook weer in Pretoria kom kuier het. Die Hoërskool Overkruin uit die noorde van Pretoria was oudergewoonte die sesde deelnemer.

Hierdie byeenkoms is vir die tweede jaar agtereenvolgens op Garsfontein se atletiekbaan aangebied. Terwyl verlede jaar se byeenkoms deur reën ontwrig is, was Vrydagaand se aksie in perfekte atletiekweer aangebied.

Vyf byeenkomsrekords het in die slag gebly, terwyl verskeie ander puik prestasies wat meer as 850 punte op die Athletics Performance Evaluation (APE) tabel werd is, aan die orde van die dag was. Die APE tabelle het die ou ABSA-tabelle in 2020 vervang.

Die ster van die byeenkoms was Armand van der Walt, o.19 naelloper van Garsfontein. Dié spoedvraat laat atletiekkenners al sedert sy junior dae regop sit met sy prestasies, maar vanjaar lyk hy besonder skerp en gereed om wêreldklas tye aan te teken.

Van der Walt het twee byeenkomsrekords verbeter toe hy eers die 200m (seuns o.19) in 21,08 sekondes afgeblits het en daarna die 100m in 10,35 sekondes gewen het. Die feit dat hy hierdie rekords, wat op ’n tartan baan aangeteken is, op gras kon verbeter, plaas sy prestasie in perspektief. Hou hierdie spasie dop, want dié seun kan later in die seisoen nog vir groot vuurwerke op die atletiekbaan sorg.

Mia Janse van Rensburg van Garsfontein (meisies o.17) kan ook baie trots voel met haar prestasie in die hoogspring, waar sy ’n nuwe rekord van 1,68 meter opgestel het.

Tiaan Stevens (seuns o.16) van Montana se nuwe rekord van 52,10 meter in die diskus item het aan hom ook die hoogste APE-punt van die byeenkoms (894) besorg.

Die vyfde rekordpoging van die byeenkoms het behoort aan Daylan Ferreira van Helpmekaar, wat die diskus item vir seuns o.14 met ’n afstand van 46,22 meter gewen het.

Beide Garsfontein en Montana het met hul vertonings gewys dat hulle gereed is vir vanjaar se A-bond uitdaging, wat later vandeesmaand sal plaasvind, terwyl Oos-Moot, wat verlede jaar gerelegeer is, beslis ’n krag in die B-bond sal wees.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button