Local sportSport

Silwerware vir Noordelikes rugbyklub

Die Noordelikes rugbyklub vorder steeds stadig maar seker na hul uiteindelike doel om met die groot kanonne van die Carltonliga te kompeteer en die sukses van hul tweedespan gedurende die afgelope seisoen is net een van die tekens dat dié klub weer besig is om ’n krag in klubrugby te word.

Die vreugde en glorie van silwerware in die vertoonkas, wat die Noordelikes rugbyklub in Pretoria-Noord ontwyk het sedert die herlewing van die klub in 2022, het uiteindelik gerealiseer.

Noordelikes se eerste- en tweedespan het vanjaar in die Blou Bulle se Presidentsliga gekompeteer.

Albei spanne het besonder goed presteer. Die eerstespan het byna in die halfeindstryd teen die uiteindelike kampioen, Korrektiewe Dienste, verras. Ongelukkig het hulle in die laaste tien minute van dié klipharde stryd twee drieë afgestaan om met 31-44 te verloor.

Noordelikes rugbyklub se hardwerkende voorsitter, Johan Beukes (regs) saam met die kaptein van die klub se tweedespan, Renier Vorster, kort na hul oorwinning in die liga-eindstryd teen TUT.
Foto: Verskaf

Noordelikes se tweedes was egter die klub se trots in 2024 en het die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) met 18-13 in die eindstryd geklop om as kampioen gekroon te word.

Een van die positiewe tekens van groei in die klub is dat Noordelikes vanjaar ook ’n derdespan kon akkommodeer. Dié span het in die Blou Bulle se Reserweliga gespeel, waar hulle tot die halfeindstryd van die Skild-afdeling gevorder het.

Ter wille van perspektief kan genoem word dat Noordelikes se derdes in hierdie liga teen die meeste Reserweligaklubs se eerstespane gespeel het. Hulle het uiteindelik teen Tswaing se eerstes in die halfeindstryd verloor.

Die suksesvolle wyse waarop Noordelikes hulself in die Presidentsliga gevestig het, word ook bewys deur die feit dat ses van die klub se spelers gekies is om verteenwoordigende rugby te speel vir die Blou Bulle se Platteland span, wat eersdaags in drie wedstryde teen die Luiperds (in Leeudoringstad) en Limpopo (in Nylstroom en Pretoria) betrokke gaan wees.

Ses van die klub se spelers gekies is om verteenwoordigende rugby te speel vir die Blou Bulle se Platteland span, wat eersdaags in drie wedstryde teen die Luiperds en Limpopo Blou Bulle betrokke gaan wees. Hier is die spelers saam met die voorsitter van Noordelikes, Johan Beukes (heel regs) en hul afrigter, Dillan Hanafey (vierde van regs).
Foto: Verskaf

Noordelikes se eerstespan afrigter, Dillan Hanafey, is ook as afrigter van dié span aangewys.

Volgens die klub se voorsitter, Johan Beukes, beplan hulle om volgende jaar ’n o.20 span in te skryf en hy doen ’n beroep op spelers en afrigters wat betrokke wil raak om hom so gou moontlik te kontak.

“Dit gaan goed met Noordelikes en ons vorder stadig maar seker na ons droom om oor drie jaar, teen die einde van 2027, Carltonbeker status te verwerf en klubrugby in die Noorde te vestig waar dit hoort – tussen die bestes,” het Beukes aan Rekord gesê.

Vir enige navrae kan Johan Beukes geskakel word by 079-247-0501.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button