Local sportSport

Padatlete kan jaar afsluit met Voortrekkermonument halfmarathon

Die Voortrekkermonument Halfmarathon, die laaste groot padwedloop van die jaar voor die Desembervakansie, word eerskomende Saterdag op die terrein van die Voortrekkermonument aangebied.

Vir plaaslike padatlete is daar eerskomende Saterdag  die geleentheid om die jaar met een van die gewildste wedlope af te sluit voor die luilekker Kersvakansie baie se oefenprogram sal onderbreek.

Die Voortrekkermonument Halfmarathon, wat ook ’n 10km wedloop en ’n 5km pretdraf insluit,  vind op Saterdag 23 November by dié wêreldbekende monument plaas.

Hierdie wedloop, wat veral bekend is vir die mooi omgewing waarin dit plaasvind,  word vanjaar vir die sesde keer aangebied en het sy ontstaan te danke aan die Voortrekkermonument se 80 jarige feesvieringe wat in 2018 gevier is.

Die roete sluit van Pretoria se bekendste landmerke in. Buiten vir die feit dat atlete vir die grootste deel van die wedloop die Voortrekkermonument in sig sal hê, neem die roete atlete verby die Muur van Herinnering, die Erfenissentrum, Fort Schanskop, die Danie Theron standbeeld en die Amfiteater.

Geteerde en geplaveide paaie rondom die monument sorg dat deelnemers in gerieflike toestande kan hardloop, terwyl die trappe van die amfiteater ook op die spyskaart is. Hoewel die roete gewis uitdagend is, word deelnemers getrakteer met ’n asemrowende uitsig oor die hoofstad, asook die ryk natuurlewe binne die Natuurreservaat se grense.            

Hierdie wedloop, wat veral bekend is vir die mooi omgewing waarin dit plaasvind,  word vanjaar vir die sesde keer aangebied en het sy ontstaan te danke aan die Voortrekkermonument se 80 jarige feesvieringe wat in 2018 gevier is.

Die Voortrekkermonument Halfmarathon word georganiseer deur die Voortrekkermonument Draf- en Stapklub wat in die verlede wedlope soos die Springbok Vasbyt, Ou Voetpad en die Muller Potgietergedenkwedloop met reuse onderskeiding aangebied het. Dis ook die eerste klub in Pretoria wat daarin kon slaag om ’n padwedloop as ’n omgewingsvriendelike wedloop te vestig.

Dit beteken dat daar met die gebruiklike watersakkies weggedoen word om die negatiewe impak op die omgewing te beperk. Voornemende deelnemers word versoek om hulle eie bottels na die wedloop saam te bring. Daar sal watertenks by die beginpunt en op die roete wees waar bottels hervul sal kan word.

Voornemende deelnemers word aangemoedig om vooraf aanlyn in te skryf by www.entryninja.com. Aanlyn inskrywings sluit om middernag op Woensdag 20 November.

Vooraf Inskryfwings kan ook tot 21 November by Run-Away-Sport in Lynnwoodweg of by die Voortrekkermonument se inligtingskantoor gedoen word. Inskrywings op die dag van die wedloop kan ook gedoen word by die wegspring tussen 04:30 en 05:55.

Die halfmarathon en 10km wedloop begin om 06:00 die oggend. Daar word ook ’n pretdraf aangebied wat soos die halfmarathon en 10 kilometer wedloop voor die trappe van die Voortrekkermonument wegspring.

Meer besonderhede oor die wedloop is ook beskikbaar by E-pos: vtmraces@gmail.com of besoek die facebookblad by  www.facebook.com/vtmklub

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button