Blou Bulle Rugby-unie vereer presteerders van 2024 seisoen
Blou Bulle Rugby-unie het verlede week by hul jaarlikse prysuitdelingsfunksie vir amateur- en klubrugby rede gehad om trots te wees op die prestasies van ’n puik seisoen wat verby is.
Dr. Eugene Hare (links) wat binnekort met pensioen aftree, is vanjaar met die spesiale Presidentstoekenning deur die BBRU vereer ná 12 jaar as die unie se Hoof-uitvoerende beampte. Die toekenning is oorhandig deur die president van die BBRU, Willem Strauss (regs).
Foto: Koos Venter
Amateur rugby onder die jurisdiksie van die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU) groei steeds jaarliks sedert nuwe inisiatiewe deur die nuwe bestuurstruktuur sowat ses jaar gelede ingestel is, terwyl gewilde ou tradisies soos die verteenwoordigende Loftus200 span en die Platteland span (laer ligas) ook weer geaktifeer is.
Dat amateurrugby onder die vaandel van die Blou Bulle steeds geroei en verbeter, is ’n feit. Een van die bewyse hiervoor is dat die jaarlikse toekenningsgeleentheid van die unie vir klub- en amateurspanne vanjaar na ’n groter lokaal by Loftus Versfeld geskuif moes word om al die gaste en ontvangers van toekenning te akkomodeer, nadat dit vir die afgelope jare in die presidentslosie aangebied is.
Die 2024 seisoen is veral gekenmerk deur die verdere verbetering in die kwaliteit van klubrugby op alle vlakke en in alle ligas.
Ligawenners, Carltonbeker derdespan. Northam Rhinos. Van links is Marthinus vd Westhuizen(agter), Pascalina Maoeng (voor), Simon Matidza, Patrick Malimba en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Ligawenners, Carltonbeker tweedespan. Naka Bulle. Van links is Nick Nagel, Emwee Arlouw en Louis Ackerman.
Castle Carlton Cup wenners: Naka Bulle. Van links is Dawie Marais, JJ de Kock, Jacques Muller, Morné Human, Marinus van der Watt en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Ligawenners, o.20 Skild liga. Rugby Travel Academy. Thomas Pieterse en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Ligawenners, o.20 Beker liga. Naka Bulle. Van links is Kudu Oberholzer, Adriaan Oosthuizen, Adri Oberholzer en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Ligawenners, Meisies o.16 klub liga. Van links is Nick Moeketsi, Nompumelelo Mqoma, Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging) en Mahlogonolo Gama.
Ligawenners, Meisies o.18 klub liga. Van links is Kgomotso Aphane, Steve Mabogwane en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Ligawenners, Presidentsliga (tweedespan): Van links is Johan Beukes, Dillan Hanafey en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Ligawenners, Presidentsliga: Korrektiewe Dienste. Van links is Stuart Muller, Chris Jardim, Andre Grundling en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Ligawenners, Reserweliga Beker: Cullinan rugbyklub. Van links is Liezel van der Merwe, André van der Merwe en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Ligawenners, Reserweliga Skild: Van links is TM Kabelo Phadu, Queenette Masombuko en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Ligawenners, Vrouerugby Beker liga. Van links is Rae Marie Albertyn, Lizanne Jacobs en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Ligawenners, Vroue o.20 klubrugby. Van links is Kgomotso Aphane, Dino Swanepoel, Lizanne Jacobs en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Ligawenners, Vrouerugby Skild liga. Van links is Sello Mogola, Daniel Maseko en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Verskeie spelers uit die Blou Bulle se besonder sterk o.20 ligas het geleenthede op junior provinsiale vlak gekry by unies soos die Blou Bulle, Pumas, Limpopo Blou Bulle en die Lions.
Uit die klub se jeugligas was daar ook weer die Interprovinsiale toernooi (IPT), waar skoolgaande seuns in verskillende ouderdomsgroepe die geleentheid kry om in provinsiale kleure uit te draf.
Die krag van die BBRU se top klubliga, die Carltonbeker toernooi, is onderstreep toe vyf klubs uit dié liga gekwalifiseer het om aan die nasionale Gold Cup klubrugby toernooi deel te neem. Uiteindelik is die eindstryd beslis tussen Naka Bulle en die Northam Rhinos, dieselfde twee spanne wat mekaar ook in die Carltonbeker eindstryd gepak het.
Spelers vat vir Blou Bulle Curriebekerspan uitgedraf het uit Carltonliga. Van links is JJ Scheepers (Naka Bulle), Willem Strauss (President van die BBRU) en Eugene Hare jr. (Harlequins).
Centurion Rugbyklub het ’n baie waardevolle skildery deur die bekende kunstenaar, Jo Roos, aan die Blou Bulle Rugby-unie geskenk tydens verlede week se jaarlikse prysuitdelingsfunksie van die unie. Van links is JJ Scheepers (Naka Bulle speler wat deel was van die Blou Bulle se Curriebeker span), Dave Bergman (voorsitter van Centurion Rugbyklub), Willem Strauss (BBRU president), dr. Eugene Hare (Hoof-uitvoerende beampte van die BBRU) en Eugene Hare jr. (Harlequins speler wat deel was van die Blou Bulle se Curriebeker span).
Diensverskaffers: Media. Carl Fabian (links) en Ben Eybers (Adjunk President van die BBRU).
Diensverskaffers: Media. Van links is Johan Pretorius (RSG) Ben Eybers (Adjunk President van die BBRU) en Simon Riekert (Radio Rugby).
Diensverskaffers: Medies – SportMed. Van links is Ben Eybers (Adjunk President van die BBRU), Riaan Coetzee en dr. Eugene Hare (Hoof Uitvoerende Beampte van die BBRU).
Diensverskaffers: Uitrusters – PUMA. Van links is Ben Eybers (Adjunk President van die BBRU), Nita Nel (Puma) en Sarel Nel (Puma).
Gold Cup wenners. Naka Bulle. Van links is Dawie Marais, JJ de Kock, Jacques Muller, Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging), Morné Human en Marinus van der Watt.
Bloubul Plattelandspan. Van inks is Chris Jardim, Andre Grundling, Dillan Hanafey en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Varsity Shield wenners. Tuks. Van links is Mandla Mdaka, Dewey Swartbooi en Gert Mulder (voorsitter van BBRU Afrigtersvereniging).
Terwyl Naka Bulle ná hul oorwinning in hierdie toernooi amptelik met die titel as die beste oop-klub (klubs wat nie aan ’n tersiêre instelling verbind is nie) kan spog, het Tuks ook weer hul eer herstel deur die Varsity Shield reeks te wen.
Tuks se rugbyklub, wat die Varsity Cup al vyf keer gewen het, het in 2023 rampspoed beleef deur gerelegeer te word na die Varsity Shield liga. Dié klub het sake egter vanjaar reggestel en die Shield liga maklik gewen om hul regmatige plek in die top Beker-liga terug te wen vir die 2025 seisoen.
Bloubul Platteland Span. Speler van die Jaar. Justin Wolmarans, Korrektiewe Dienste (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
Centurion Rugbyklub Speler van die Jaar: Albert Bakker (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
Gold Cup top driedrukker. Elzandro Shane Fredericks. Northam Rhinos (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
Gold Cup top puntemaker. Hansie Graaff. Naka Bulle (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
Harlequins Rugbyklub. Speler van die Jaar: Anton Gerber (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
Klub administrateur van die Jaar. Madri Uys, Bronkhorstspruit Rugby Klub (links) en Ben Eybers (Adjunk President van die BBRU).
Die Naka Bulle rugbyklub is amptelik bekroon as die BBRU se Klub van die Jaar. Hier ontvang verteenwoordigers van die klub die toekenning. Van links is Marinus van der Watt (Direkteur van Rugby en hoofafrigter), Thinus Joubert (president van Naka Bulle), Willem Strauss (BBRU president) en Ian Herbst (voorsitter van Naka Bulle).
Naka Bulle Rugbyklub. Speler van die Jaar: Martin Austen (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
Reserweliga Speler van die Jaar. Markus van Loggerenberg, Cullinan Rugby Klub (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
Reserweliga Speler van die Jaar. Markus van Loggerenberg, Cullinan Rugby Klub (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
SA vroue o.20 Span. Abigail Smit (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
SA vroue o.20 Span. Kwanga Majebe (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
SA vroue o.20 Span. Naima Hlatswayo (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
Tuine Grizzlies Rugbyklub. Leonardo Plaatjies (links) Speler van die Jaar: en Willem Strauss (President van die BBRU).
Tuks Rugbyklub. Speler van die Jaar: Kyle Cyster (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
SA vroue o.20 Span. Dineo Nhdlovu (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
Wolwerines Rugbyklub. Speler van die Jaar: AJ Nell (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
Northam Rhinos Rugbyklub. Speler van die Jaar: Khwezi Mkhafu (links) en Willem Strauss (President van die BBRU).
Ook die enorme groei in vrouerugby is op amateurvlak gereflekteer en die unie was is staat om vroue spelers, afrigters en administrateurs op o.16, o.18, o.20 en senior vlak te vereer vir hul prestasies.
Daar was ook ’n emosionele oomblik aan die einde van die funskie, toe vanjaar se presidents-toekenning deur die BBRU se president, Willem Strauss, aan die unie se Hoof Uitvoerende Beampte, dr. Eugene Hare, oorhandig is. Hare word binnekort ’n pensionaris, na ’n leeftyd se diens aan rugby, waaronder 12 jaar in sy pos by die BBRU.
Strauss het Hare geloof en bedank vir sy jarelange diens, maar ook aan gaste die versekering gegee dat hy steeds op ander wyses by die spel betrokke sal bly.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.