Local sportSport

Dis weer vasbyt tyd met gewilde padwedloop by Voortrekkemonument

Eerskomende Saterdag trek Gauteng se padwedloop entoesiaste weer saam by die Voortrekkermonument vir die gewilde jaarlikse Springbok Vasbyt wedloop, wat ’n half marathon en verskeie ander korter wedlope insluit.

Die jaarlikse Afriforum Springbok Vasbyt padwedloop vind eerskomende Saterdag, 12 Julie, vir die 18de keer by die Voortrekkermonument plaas.

Hierdie besondere wedloop met sy eiesoortige karakter, uitdagende bulte en erfenisviering, is al menigmaal op verskeie hardloopforums as een van die land se beste wedlope aangewys en die organiseerders kon jaar na jaar daarin slaag om ’n wedloop van uitnemende gehalte vir deelnemers aan te bied.

Die Springbok Vasbyt wedloop is ’n instelling op die sportkalender van die Jakarandastad met ’n unieke konsep van ’n kanonskoot wat die atlete afsit tydens die wegspring geleentheid.

Met sy historiese roete neem die wedloop deelnemers verby ikoniese landmerke soos die Ringmuur van die Voortrekkermonument, Fort Schanskop, die Amfiteater en die Muur Van Herrinnering.  Hierdie taai wedloop toets ook elke jaar alle atlete – van die elite tot die spreekwoordelike agterosse – se vaardigheid en uithouvermoё.

Deelnemers kom met alle denkbare hardloop-opervlaktes in aanraking. Steil bulte, los klippe en skerp draaie dra tot moeilikheidsgraad van die wedloop by. Derhalwe is ’n Springbok Vasbyt medalje ’n waardevolle kleinnood in enige atleet se medaljeversameling.

Deelnemers aan die Springbok Vasbyt wedloop kom met alle denkbare hardloop-opervlaktes in aanraking en kenmerke soos steil bulte, los klippe en skerp draaie dra tot moeilikheidsgraad van die wedloop by.
Foto: Verskaf

Die wedloop, wat deur die Voortrekermonument Draf- en Stapklub aangebied word in samewerking met Afriforum, streef jaarliks daarna om gevalle helde van die Suid-Afrikaanse Weermag of burgerlikes wat weens terrorisme die hoogste prys moes betaal en nie noodwendig altyd die gepaste erkenning vanaf owerheidsweë ontvang het, te gedenk. Met die 2025 wedloop word hulde gebring aan aan die bemanning en passasiers van die destydse Air Rhodesië Viscount vliegtuie wat in die laat sewentigerjare aan die hand van ’n wrede terroristeaanval gesterf het.

Die 21km en 10 km wedlope spring om 07:30 weg met die gebruiklike openingseremonie wat omtrent 10 minute voor die wegspring plaasvind.

Daar is ook ’n 5km pretdraf wat om 07:40 begin.

Aanlyninskrywings kan reeds gedoen word by www.entryninja.com en sluit op 8 Julie 2023.

Voorafinskrywings kan ook tot 10 Julie 2024 (16h00) by Run-Away Sport in Lynnwoodweg, sowel as by die Vootrekkermonument se inligtingskantoor gedoen word.

Voornemende deelnemers sal hierdie jaar ook toegelaat word om die oggend van die wedloop vanaf 05:00 tot 07:00 vir die wedloop in te skryf.

Meer inligting oor hierdie besondere wedloop kan verkry word by www.facebook.com/vtmklub of vtmraces@gmail.com of skakel 064 582 6664.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button