Local sportSchool sportSport

Hoërskool Menlopark klop teenstanders wéér by Pretoria A-bond se atletiek skouspel

Daar is weke vooraf gespekuleer dat vanjaar se Pretoria A-bond Interhoër atletiekbyeenkoms verrassings kon oplewer, maar toe die laaste aflos wedloop afgehandel is, kon Die Hoërskool Menlopark met hul 24ste agtereenvolgende oorwinning spog.

Ná een van die opwindendste en spannendste byeenkomste in baie jare by die Pretoria A-bond atletiek Interhoër is Die Hoërskool Menlopark Vrydag in die Pilditch stadion in Pretoria-Wes wéér as algehele kampioen gekroon.

Die Parkies is uitgedaag, maar soos hulle al vir byna ’n kwarteeu doen, het hulle dié aanslae afgeweer om wéér as kampioen in die spankompetisie uit die stryd te tree.

Vir die skole aan die onderkant van die puntelys is die spanning egter op die spits gedryf en ’n groot stryd het geheers om die laaste plek en gevolglike relegasie te vermy.

Soos verlede jaar was dit net die span van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) wat verhoed het dat Menlopark skoonskip maak by die byeenkoms. Affies het die seuns-afdeling gewen, terwyl Menlopark ’n oorwinning in die dogters-afdeling by hul algehele triomf kon voeg.

In die spankompetisie het Menlopark met ’n totaal van 2524 punte geëindig. Hoërskool Waterkloof het een plek opgeskuif van verlede jaar se uitslag en met 2169 punte in die tweede plek geëindig. Curro Hazeldean (2081), die nuweling in dié liga wat vooraf die onderwerp van baie bespiegeling was, het in die derde plek geëindig, terwyl verlede jaar se naaswenner, Hoërskool

Ná een van die opwindendste en spannendste byeenkomste in baie jare by die Pretoria A-bond atletiek Interhoër is Die Hoërskool Menlopark Vrydag in die Pilditch stadion in Pretoria-Wes wéér as algehele kampioen gekroon.

Die Parkies is uitgedaag, maar soos hulle al vir byna ’n kwarteeu doen, het hulle dié aanslae afgeweer om wéér as kampioen in die spankompetisie uit die stryd te tree.

Vir die skole aan die onderkant van die puntelys is die spanning egter op die spits gedryf en ’n groot stryd het geheers om die laaste plek en gevolglike relegasie te vermy.

Soos verlede jaar was dit net die span van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) wat verhoed het dat Menlopark skoonskip maak by die byeenkoms. Affies het die seuns-afdeling gewen, terwyl Menlopark ’n oorwinning in die dogters-afdeling by hul algehele triomf kon voeg.

In die spankompetisie het Menlopark met ’n totaal van 2524 punte geëindig. Hoërskool Waterkloof het een plek opgeskuif van verlede jaar se uitslag en met 2169 punte in die tweede plek geëindig. Curro Hazeldean (2081), die nuweling in dié liga wat vooraf die onderwerp van baie bespiegeling was, het in die derde plek geëindig, terwyl verlede jaar se naaswenner, Hoërskool Zwartkop (1994), vierde was. Daarna volg Hoërskool Montana (1884), Hoërskool Garsfontein (1786) en Midstream College (1701).

In die seuns-afdeling het Affies met ’n totaal van 1385 gewen. Menlopark (1144) was tweede, Curro Hazeldean (1129) derde, Waterkloof (991) vierde, Zwartkop (988) vyfde, Montana (979) sesde, Garsfontein (920) sewende en Midstream (853) in die agtste plek.

Menlopark se dogters (1380) het 69 punte voor die Afrikaanse Hoër Meisieskool (AHMP – 1312) geëindig. Daarna volg Waterkloof (1178), Zwartkop (1006), Curro Hazeldean (952), Montana (905), Garsfontein (866) en Midstream (848).

Vir Midstream beteken hierdie uitslag dat hulle ongelukkig, ná vier agtereenvolgende jare as een van die deelnemers in die A-bond, volgende jaar in die B-bond moet kompeteer.

Behalwe vir Hoërskool Zwartkop se reuse-aandeel in die opruiming en reabilitasie van die verwaarloosde Pilditch stadion in die weke voor hierdie byeenkoms, het dié skool ook daarin geslaag om die skouspel op skitterende wyse aan te bied. Ten spyte van die uitdagings was hul logistieke reëlings puik, terwyl gaste op eersteklas wyse onthaal is. Met die hulp van hul borge kon die Zwarries ’n byeenkoms aanbied wat nie maklik in enige ander streek in die land oortref sal kan word nie.

Soos gebruiklik was die Pilditch stadion gepak met toeskouers en die kleurryke skouspel van leerlinge op die paviljoen en energieke dirigente in aksie het daartoe bygedra dat hierdie byeenkoms ver bo die res uitstyg. Die openingseremonie is altyd spesiaal en vanjaar was geen uitsondering nie (sien videos).

Die dag se atletiekprestasies het ook bewys waarom die Pretoria A-bond byeenkoms soveel kerwe bo die res geag word.

’n Verstommende 42 byeenkomsrekords het Vrydag in die slag gebly. Een van die merkwaardigste feite in hierdie verband is dat daar in agt uit die tien 4x100m aflos items nuwe rekords aangeteken is. Dít is ongetwyfeld ’n aanduiding dat die standaard van die atletiek by hierdie byeenkoms jaarliks verbeter.

Verskeie wêreldklas prestasies was aan die orde van die dag. Daarvan getuig die 12 atlete wat volpunte (1000) op Atletiek Suid-Afrika se Athletics Performance Evaluation (APE) tabel verdien het. Drie van hierdie atlete het dié uitsonderlike prestasie boonop tweemaal tydens die byeenkoms behaal. Hulle is Christi Loggenberg (AHMP) met haar rekord-tye van 53,43s in die 400m en 57,09s in die 400m hekkies vir dogters o.17; Janelle Kirkpatrick (Menlopark) met haar rekord-tye van 13,26s in die 100m hekkies en 58,30s in die 400m hekkies vir dogters o.16 en en Tiisetso Malungane (Curro) met sy twee rekordpogings in die 800m (01:48,79) en die 3000m (08:21,19). In die 800m het hy onder sy regte ouderdomsgroep (o.16) meegeding, maar in die 3000m wedloop het hy boonop teen die o.17 atlete gekompeteer.

Ironies genoeg moes Loggenberg met die silwer medalje tevrede wees in die 400m hekkies item, want Megan Nieman (Menlopark) het gewen in ’n byeenkoms- én SA o.18 rekord-tyd van 56,57s, waarmee sy dus ook 1000 APE punte verdien het.

Ander atlete wat volpunte op die APE tabel verdien het was Camara Bintou (Curro) vir haar vertommende tyd van 11,66s in die 100m vir dogetrs o.14; Isabelle Gunter van Montana vir haar 53,47s in die 400m vir dogters o.17 (sy het tweede geëindig ná Loggenberg); Lara van der Poll (AHMP) vir haar 58,39s in die 400m hekies vir dogters o.16 (tweede na Kirkpatrick); Leandro Delport (Waterkloof) vir sy 7,75m in die verspring vir seuns o.19; Jaco van Dyk van Menlopark (19,69m) en Dewaldt Roodt van Affies (19,52m), wat onderskeidelik goud en silwer gewen het én albei die rekord oortref het in die gewigstoot vir seuns o.16; Dewaldt Bezuidenhout (Affies) vir sy 19,87m in die gewigstoot vir seuns o.17 en Josua Gerber (Menlopark) vir sy rekord afstand van 61,73m in die diskus vir seuns o.17.

Bintou, wat ook die silwer medalje in die 200m vir dogters o.14 (982 APE punte) gewen het, is aangewys as die Junior Victrix Ludorum van die byeenkoms.

Mantle Tshelana (Curro) wat beide die 800m (01:55,84 en 889 APE punte) en die 1500m (04:02,20 en 954 APE punte) vir seuns o.15 gewen het, is as Junior Victor Ludorm aangewys.

Die Senior Victrix Ludorum is Jeanelle Kirkpatrick vir haar twee APE voltalle, terwyl Tiisetso Malungane se soortgelyke prestasies aan hom die titel as Senior Victor Ludorum besorg het.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button