EntertainmentLifestyle

ADAM stel nuwe lid bekend

Na ’n paar maande se geheimhouding is die nuwe lid van die Afrikaanse musiekgroep, ADAM bekndgestel, nl. Kyle Grant.  Kyle het tot onlangs in die musiekblyspel Sunset Boulevard opgetree, maar het hom nou permanent by die groep aangesluit.  Kyle het aan die Hoërskool Northcliff in Johannesburg gematrikuleer en in 2004 by die Barnyard-teater sy vaardighede …

Na ’n paar maande se geheimhouding is die nuwe lid van die Afrikaanse musiekgroep, ADAM bekndgestel, nl. Kyle Grant.

Kyle Kyle het tot onlangs in die musiekblyspel Sunset Boulevard opgetree, maar het hom nou permanent by die groep aangesluit.  Kyle het aan die Hoërskool Northcliff in Johannesburg gematrikuleer en in 2004 by die Barnyard-teater sy vaardighede as sanger en danser geslyp, voordat hy die bedryf as vermaakkunstenaar betree het. Hy was onder meer twee jaar lank agtergrondsanger vir Nataniël.

“Kyle bring ’n nuwe klank na die groep en ons is seker ons aanhangers gaan dol wees daaroor, maar moenie bekommerd wees nie, ADAM bly ADAM!”, sê Hugo Ludik en Reynardt Hugo.

Hulle eerste enkelsnit as die “nuwe ADAM”  SAL OORLOG VIR JOU MAAK (uit die film Pad na jou hart wat op 14 Februarie in teaters landswyd begin draai) word tans uitgereik aan radiostasies landswyd en beloof om groot opslae te maak.  Die musiekvideo van hierdie liedjie word op 1 Februarie uitgereik en dieselfde aand maak die groep hulle verskyning op Jukebox (kykNET).

ADAM se nuwe album word teen die middel van  2014 uitgereik.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button