Kaleidoskoop skep kleurvolle klanke
Kaleidoskoop wéét hoe om ‘n gehoor om hulle pinkie te draai en aanhangers het die groep se CD/DVD-bekendstelling die afgelope naweek by die Encore-teater in Hatfield omtrent geniet. Die groep het verskeie snitte by die bekenstelling gespeel. Die gehoor het hulsef letterlik in die musiek ingeleef, deur hande te klap en voete op die ritme …
Kaleidoskoop wéét hoe om ‘n gehoor om hulle pinkie te draai en aanhangers het die groep se CD/DVD-bekendstelling die afgelope naweek by die Encore-teater in Hatfield omtrent geniet.
Die groep het verskeie snitte by die bekenstelling gespeel. Die gehoor het hulsef letterlik in die musiek ingeleef, deur hande te klap en voete op die ritme te stamp.
Die groep het ook hul nuwe musiekvideo, Roadtrip – heerlike lighartige video – bekend gestel. Dié video sal binne die volgende twee weke op die Internet beskikbaar wees.
Hul weergawe van die bekende liedtjie, Zobie, met die hulp van ’n stringquartet, het hoendervleis op die gehoor laat uitslaan.
Ná die heerlike aand het almal vrolik huis toe gekeer.
