AIG gewilder as ooit met nuwe borg
Die musiekkonserte Afrikaans is Groot blyk net so gewild te wees soos altyd met nie net ‘n nuwe borg nie, maar ook met die feit dat die eerste nege konserte binne agt ure uitverkoop is.
Borge wat onttrek, skerp kritiek oor Steve Hofmeyer se betrokkenheid en selfs skimpe van rassisme kan nie die gewilde konsert Afrikaans is Groot (AIG) onderkry nie.
Toyota Suid-Afrika het aangekondig dat hulle die maatskappy-borgskap van die reeks konserte sal oorneem nadat Land Rover en Pick ‘n Pay hul betrokkenheid by die jaarlikse Afrikaanse konserte beeïndig het.
Dit het gebeur na omstredenheid rondom sanger Steve Hofmeyer, een van die grootse sterre by AIG, omdat hy onder meer gesê het dat swart mense die argitekte van apartheid was.
AIG organiseerders het die week ook aangekondig dat hulle naarstigtelik planne maak om nog konserte te reël nadat die kaartjies vir die eerste nege vertonings binne agt ure uitverkoop het.
Volgens Toyota se senior vise-president van bemarking, Calvyn Hamman, het die motormaatskappy geen affiliasie met of betrokkenheid by enige politieke party of beweging nie.
“Ons borskap is daarop gemik om ‘n emosionele band met ons wye verskeidenheid klante te vorm,” het Hamman in ‘n verklaring gesê.
“Toyota is trots op ons gabalanseerde borgskapportefuelje wat strek vanaf musiekprojekte soos Drumbeat, die Toyota Cheetahs-rugbyspan, motorsport en nou ook Afrikaans is Groot.”
AIG se bestuur het die week hul dankbaarheid uitgespreek teenoor die Afrikaanse musiekliefhebbers vir die buitengewone steun wat ervaar is met die blitsige verkoop van kaartjies.
“Dit is ‘n ongekende gebeurtenis in die geskiedenis van Afrikaanse musiek,” het Barnard Beukman namens AIG gesê.
Alhoewel duisende bykomende sitplekke op die eerste dag beskikbaar gestel is, was dit steeds nie genoeg vir die aanvraag nie en al die kaartjies vir al nege vertonings is binne agt ure uitverkoop, het hy gesê. Verlede jaar is ses vertonings op die eerste dag uitverkoop waarna die konserte na nege vermeerder is.
Beukman sê dat die aanvraag na kaartjies alle verwagtinge en beplanning oortref.
“AIG is reeds besig met dringende voorbereidings om nog bykomende vertonings in Pretoria beskikbaar te stel.”
‘n Aankondiging sal binnekort op AIG se Facebook en Twitter gedoen word, volgens Beukman.
Lees: Hoofborge trek uit Afrikaans is Groot konsert oor Steve Hofmeyr
Steve dalk ook nie na Afrikaans Is Groot genooi
ANCYL’s application to protest against Steve declined
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.
