EntertainmentLifestyle

Intieme Musiekskuur meer eksklusief

Die nuwe Musiekskuur by die Pretoria-Barnyard-teater bied meer ekslusiewe vertonings.

Musiekskuur is ’n intieme nuwe vermaak-bestemming op die boonste vlak van die Pretoria-Barnyard-teater, langs die hoofteater in die Parkview-sentrum, Moreletapark.

Die kleiner ruimte van Musiekskuur stel die Barnyard-teater in staat om Pretoria-gehore te vermaak met meer eksklusiewe vertonings deur gewilde kunstenaars.

Benewens ‘n vertoning deur Valiant Swart verlede Vrydag, kan gaste uitsien na kunstenaars soos Corlea hierdie naweek, Chris Chameleon se Drie Vriende in Junie en Elvis Blue in Julie.

Klik hier vir die volledige Musiekskuur-vertoningsprogram.

Musiekskuur is ’n ook ideale bestemming vir partytjies en privaatfunksies, met veeldoelige geriewe wat oudiovisuele toerusting, eie onthaalarea, kroeg en badkamers insluit.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button