CompetitionsLifestyle

KOMPETISIE: Wen kaartjies na die Country Skouspel

Die Country Skouspel is elke jaar 'n reuse sukses. Moenie op hierdie jaar se vertoning uitmis nie.

Die gewilde Manie Jackson en ons land se eie Country legendes is vanjaar deel van die groot Country Skouspel in Pretoria.

Alles gebeur by die Rockwoodteater op 18 Augustus 2018 van 13:00 af.

Manie Jackson is ’n countrysanger in murg en been. Sy liedjie, Die Hemel Weet, was ’n oornagtreffer en het gelei tot verskeie goue- en platinumtoekennings.

Die Country Skouspel spog vanjaar met meer as 12 top country-kunstenaars op een verhoog.

Dit gaan weer ’n heerlike country-ervaring wees.

Kunstenaars op die program is Manie Jackson, “Big Daddy” Lance James, “Queen Of Country” Barbara Ray, ”Mamma Country” Sally Vaughn, “Little Jo” Jody Wayne, “Midnight Cowboy” Clive Bruce, Jason Bradley, Bernie Williams, Liane Heyl (Boeboe), Armand Thunder Merwe, Christo Louw en die gewilde lyndansers Die Rodeo Girls.

Christo Louw, vervaardiger van Country Skouspel, sê hy is bly om weer Country- Skouspel by Die Rockwoodteater aan te bied.

“As mens kyk na die nommer een liedjies op treffersparades wêreldwyd, dan is dit country musiek. Ek onthou nog die massiewe Bapsfontein Countryfeeste en groot rekord getalle by die Randse Paasskou en dis presies wat ek wil terug- bring.”

Hierdie jaar se vertoning beloof om weer onvergeetlik te wees.

Besprekings kan gedoen word by 012-368-1555 of www.rockwoodtheatre.co.za

Gallerykaartjies is R100 per persoon.

Kyk die video:

KOMPETISIE:

Rekord het vyf dubbelkaartjies om weg te gee. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderste vorm in en gebruik ‘COUNTRY SKOUSPEL’ as die sleutelwoord.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button