Wie kan stap soos Karlien?
"Karlien van Jaarsveld is verseker ’n groot inspirasie agter die liedjie."

Vincent Gordon se nuutste enkelsnit gaan die dansvloer laat stamp en ook ’n tendens begin om te sien wie kan Stap Soos Karlien…
“Karlien van Jaarsveld is verseker ’n groot inspirasie agter die liedjie en die liedjie is basies gebore uit die asemrowende manier waarop Karlien van Jaarsveld in haar musiekvideo vir Hande stap,” vertel Vincent.
Die musiekvideo, wat vroeg in Oktober vrygestel gaan word, bevat talle bekende gesigte.
ALSO READ: 2015 ‘n goeie jaar vir Karlien
Van die bekendes sluit in: Mr. Suid-Afrika 2014, John Owens, die akteur Ramey Short (Binnelanders se Dr. Quinton Meyer), die komediant en geleentheidsbeplanner Craig du Toit Nel, die sangers Die Flooze (Sorina), die popgroep Tussen Sterre, sangeres Sharoney en natuurlik Karlien van Jaarsveld self.
Laasgenoemde het ook ’n spesiale rok tydens die video aan. Karlien het met die vergunning van die ontwerper Anel Botha, Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel Pieters se rok, wat sy tydens haar kroning aangehad het, aan.
Meer oor die lied:
Titel: Stap Soos Karlien
Skrywer: Waldo Greeff, Ferdinand Skead en Vincent Gordon
Uitgewer: Greylead Records
Verspreiding: Coleske Artists
Vervaardiger: Greylead Records
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
