CompetitionsLifestyle

KOMPETISIE: Wen kaartjies om Kevin Leo en Jannie Moolman op verhoog te sien

Sluit Oktobermaand af met hierdie opwindende vertoning.

Na járe in die musiekbedryf, het twee internasionaal bekroonde tenore, Jannie Moolman en Kevin Leo, besluit om kragte saam te snoer in DUET.

Tydens hierdie produksie deel die manne met hulle majesteuse, magiese tenoorstemme, ’n uiteenlopende repertoire van al hulle persoonlike gunstelinge. Die gehoor kan uitsien na die immergewilde Fly me to the moon; Liefling; Funiculi Funicula en vele ander.

Tydens hierdie sentimentele reis, deel Jannie en Kevin hulle liefde en passie vir musiek met hulle mede-musiekliefhebbers. Alhoewel optredes in Dubai reeds bespreek is, is die optrede in die Atterburyteater die opening van DUET in Suid Afrika.

Besonderhede:

– Datum: 28 Oktober 2018

– Plek: Atterburyteater

– Tyd: 17:00

– Kaartjies: Computicket

KOMPETISIE:

Staan ’n kans om twee dubbelkaartjies te wen om die vertoning te sien. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die inskrywingsvorm in en gebruik die word ‘KEVIN EN JANNIE’ as die sleutelwoord.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button