EntertainmentLifestyle

Afrikaans is Groot se beste nog!

Armand Aucamp en Melinda Bam was hierdie jaar se aanbieders.

Afrikaans is Groot was sonder enige twyfel groter as ooit by Sun Arena in Time Square, Menlyn Maine.

Duisende in en rondom Pretoria het na dié nuwe lokaal gevlok om hul gunsteling musikante in lewende lywe op die verhoog te sien.

Steve Hofmeyr, Juanita Du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Jay, Riana Nel, Elvis Blue, Corlea Botha, Touch of Class en ander reuse in die musiekbedryf, soos Jo Black, het die skare vermaak.

LEES OOK: Afrikaans is Groot kry nuwe tuiste

Gunstelling treffers sowel as ’n hele paar ander verrassende optredes het aanhangers op hul voete gehad en saamgesing.

Armand Aucamp en Melinda Bam was hierdie jaar se aanbieders.

Aucamp, meester van seremonies, het die gehoor laat lag maar ook byna in trane gehad met sy emosionele vertolking van ’n karakter uit die Boere-oorlog.

Vir die eerste keer by Afrikaans is Groot het die wenner en naaswenner van Die Kontrak (’n musiektalentkompetisie uitgesaai op die VIA-kanaal) saam met die Afrikaanse legends opgetree.

LEES OOK: Hoofborge trek uit Afrikaans is Groot konsert oor Steve Hofmeyr

Demi Lee Moore is op die eerste aand van die megakonsert as die wenner van die kompetisie aangekondig.

Die Durbanviller het ’n platekontrak van R1-miljoen by Coleske Artists losgeslaan.

Ivan Roux, van Pretoria, is as naaswenner gekroon en het ook sy eerste debut gemaak.

Ivan Roux saam met twee van sy aanhangers Lourien Aucamp (links) en Rachelle Kruger. Foto: Corlia Kruger
Sanger Ivan Roux(middel) saam met Lourien en André Aucamp by Time Square in Menlyn Maine. Foto: Corlia Kruger
Sanger Demi Lee Moore saam met een van haar aanhangers Karen Kirsten. Foto: Corlia Kruger
Rina Kruger het die geleentheid gekry om haar gusteling sanger Demi Lee Moore te ontmoet tydens die ‘Afrikaans is Groot’ megakonsert. Foto: Corlia Kruger

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button