VIDEO: Pretoria kunstenaar beplan om vele te vermaak
Hierdie gratis optrede deur Erin Beck sal op 10 Maart om 18:30 afskop.

’n Musikant van Pretoria, in samewerking met ’n bekende manskwartet, sal volgende maand vele vermaak tydens ’n optrede by Loftus Park.
Hierdie gratis optrede deur Erin Beck sal op 10 Maart om 18:30 afskop.
Die sopraan Beck en die bekende manskwartet Serenade het in 2018 hul debuut op die Krone 5 verhoog gemaak met hul weergawe van die treffer Barcelona van Freddie Mercury en Montserrat Caballé.
“Dit was ’n hoendervleis-oomblik en die gehoor was weggeblaas met hierdie fenomenale jong Suid-Afrikaanse talent,” vertel haar ma, Elna.
LEES OOK: Eersterust-inwoners vermaak met tradisie
Erin is 14 jaar oud en ’n leerder van Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria.
Volgens Elna is Erin besig om groot opslae in die musiekbedryf te maak met haar “groot en baie unieke stem”.
“Sy palm behoorlik die staande toejuigings in,” sê sy.
Erin het nie net by Krone 5 gesing nie, maar het ook haar buiging op die 2018 RMB Starlight Classics verhoog gemaak, met haar weergawe van Nessun Dorma.
Sy verskyn ook gereeld op kykNET-nou se Sing in Harmonie-realiteitsprogram as gaskunstenaar.
Sy is onlangs genader om haar sang-debuut op Loftus-stadium te maak by die rugbywedstryd tussen die Bulls en die Sharks wat op 9 Maart plaasvind.
Erin sing hoofsaaklik klassieke musiek.
LEES OOK: Gospel-skouspel beplan om nog ‘n jaar te vermaak
Serenade is die nuwe mannekwartet-sensasie bestaande uit Mynhardt Krüger, Juandre van den Berg, Dawie de Wet en Fredric Dacomb.
Serenade is ’n produk van Select Musiek en hul debuut-album Bly lief vir my is landswyd beskikbaar.
“Hulle bring ’n aansteeklike vermenging van oorwegend klassieke stemme en instrumente, met sterk pop en selfs technoklanke na die Suid-Afrikaanse musiektoneel – die tipe vuur wat radiogolwe en verhoë regoor die land aan die brand sing,” vertel Elna.
Na baie navrae en belangstelling het Erin en Serenade die inisiatief geneem om ’n gesamentlike konsert op die been te bring.
Toeskouers het die opsie om ’n kampstoel saam te bring om plek voor die verhoog te bekom.
LEES OOK: Bejaardes vermaak by fees
Die ander opsie is om by een van Loftus Park se restourante te bespreek. Hierdie restourante het almal goeie sig oor die piazza en verhoog.
“Dit beloof om ’n onvergeetlike vertoning te wees,” sê Elna
“Dit is ’n Moderne aanslag op gewilde opera arias, vergete musiekblyspelstukke, populere klassieke stukke en Serenade se nuwe musiekwerke.”
Enige navrae kan gerig word aan Elna Beck by 083-287-4142 of Mynhardt Kruger by 079-885-8615.
KYK:
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
