Garsies hou aan om vlerke te sprei

Soos die skool se leuse, 'vlieg altyd hoër' lui, neem hulle die voortou wanneer dit by kultuur- en sportaktiwiteite kom.

Laerskool Garsfontein is as die beste Afrikaanse laerskool in die jaarlikse Rekord se Best of Pretoria Readers’ Choice Award aangewys.

Die aankondiging was geen verrassing nie aangesien dit die vyfde agtereenvolgende jaar is wat hierdie toekenning aan hulle oorhandig is.

Garsies is in die hartjie van die ooste van Pretoria geleë en vier volgende jaar hulle 40e bestaansjaar.

Soos die skool se leuse, “vlieg altyd hoër” lui, neem hulle die voortou wanneer dit by kultuur- en sportaktiwiteite kom.

Skoolhoof Neels Snyman sê dat hulle daarna streef om alle leerders en personeel ’n regverdige kans in die lewe te gee.

“Laerskool Garsfontein is nederig en ons is dankbaar teenoor ons Skepper.

“Wanneer dit by omgee, respek en eerlikheid kom, staan ons hande vir niks verkeerd nie.

“Selfdissipline en intergriteit is ook ’n kenmerkende eienskap van Garsfontein wat groot geloof en waardigheid het,” sê Snyman.

Twee van hulle onnies, Hannalie Snyman en Annari Lingenfelder is vir die Solidariteit se onderwyser van die jaar genomineer.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button