In Jannie Moolman se “Dig By My” vertoning kom digkuns en musiek bymekaar
Hierdie konsert neem ons deur ’n onvergeetlike reis van die mooiste getoonsette gedigte in Afrikaans – vanaf die FAK, tot hedendaagse liedjieskrywers soos Coenie de Villiers en Chris Chameleon.

Die “Dig By My” vertoning word hierdie Sondag, 10 Julie deur Jannie Moolman by die Atterbury Teater in Pretoria aangebied.
Regoor die eeue heen, was daar nog altyd digters en skrywers, maar partykeer span hulle saam om iets werklik unieks daar te stel.
Byvoorbeeld, Schumann en Heine met die skryf van Dichterliebe, asook di Capua en Capurro in die onvergeetlike “O Sole Mio”.
Henry Purcell som dit so op: “Die digkuns en musiek was nog altyd susterskunste wat hand aan hand geloop het. Apart kan hulle bloei, maar saam is dit soos die karaktereienskappe van skoonheid en humor, in een liggaam vasgevang.”
In ons Suid-Afrikaanse geskiedenis is daar ook vele voorbeelde van getoonsette digwerk van A.G. Visser tot Boerneef en selfs N.P. van Wyk Louw is almal getoonset!
Hierdie konsert neem ons deur ’n onvergeetlike reis van die mooiste getoonsette gedigte in Afrikaans – vanaf die FAK, tot hedendaagse liedjieskrywers soos Coenie de Villiers en Chris Chameleon.
Datum: Sondag, 10 Julie 2022
Plek: Atterbury Teater, Pretoria
Tyd: 15:00
Kaartjies: R220 per persoon by www.seatme.co.za

Kompetisie
Ons het vier dubbelkaartjies om weg te gee.
Keyword: Dig By My
