GalleriesLocal sportSportSports galleries

[FOTO’S] Stokke swaai by Round Table Impala 22 gholfdag

Gholfspelers het vroegoggend reeds bymekaar gekom vir gesellige samesyn voordat hulle hul vernuf op die gholfbaan getoets het.

POLOKWANE – ‘n Vrolike atmosfeer het op die gholfbaan geheers tydens die Round Table Impala 22 gholfdag.

Gholfspelers het vroegoggend reeds bymekaar gekom vir gesellige samesyn voordat hulle hul vernuf op die gholfbaan getoets het.

Die prysuitdeling was by die Pietersburg Klub gehou waar gaste deur Martiens Joubert van die Juba Broers vermaak is.

Gaste het ook die geleentheid gehad om op ‘n drankruiker van Amigo’s Liquor Store te bie en Frank Hislop van UniClox het die bod gewen.

Die tellings was naelskraap maar Brian O’Reilly en Wynand Pretorius het die eerste plek gewen met 48 punte. Riaan Nel en Theo du Plooy het die tweede plek opgeraap met 48 punte terwyl Piet Bronkhorst en Piet du Toit die derde plek ingepalm het met 48 punte.

Ander pryswenners van die dag was Dirk Visagie wie naaste aan die pen op die vierde en die negende putjie, Thys de Kock op die 16de putjie, en Danie Bouwer (jr.) op die 18de putjie.

Melvin Duvenhage het die langste afslaan op die 17 putjie gespeel.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button