Verskeie sertifikate en trofeë is met Hoërskool Piet Potgieter se atletiek- en tennisprysuitdeling aan atlete en tennisspelers oorhandig.
Trofeë is aan die atlete van die skool wat aan die SA Landloopkampioenskappe deelgeneem het, oorhandig. Hulle is Lindi Leso, Tshiamo Molala, Khutso Molekwa, Peter Tau, Jaco van Rooyen, Sulize van Rooyen en Thabang Phosa.
Verdere trofeë is aan die ondergenoemde atlete oorhandig.
Eerstens was dit atlete wat aan die skole SA kampioenskappe deelgeneem het. Hulle is JJ Lourens, David Mofommo, Peter Tau, Marnus Uys en Simoné van Wyk. Atlete wat skool atletiekrekords verbeter het, is Renaldo van Wyk, Janika Pretorius (2), Simoné van Wyk, Soretha Kruger en Marnus Uys. Soretha Kruger het ook een baanrekord, DS mo.16 verbeter toe sy die diskus 33.7m ver laat grondvat het.
Verbetering van interhoër rekords in 2012: Marnus Uys – so.14, 100m, 11.6sek. Peter Tau – so.15, 400m, 51.4sek en 1500m 4:22.0. JJ Lourens – so.16, HS, 1.92m. Soretha Kruger – mo.15, DS, 33.38m.
Verbetering van interhoër rekords 2013: Marnus Uys – so.15, 200m, 23.1sek en 100m, 11.1sek.
Piet Potgieter se Top Tien atlete. Elke atleet se punte volgens die ASA puntetabel volg na hulle name:
1ste. Soretha Kruger 863.
2de. Marnus Uys 860.
3de. Peter Tau 821.
4de. Simoné van Wyk 806.
5de. Ashley Coleman 799.
6de. Nita-Mari Nel 796.
7de. Marick Griesel 775.
8ste. Khutso Molekwa 774.
9de. Jaun Korff 773.
10de. Kagiso Magongoa 765.
Erkenning is ook aan die kategoriewenners gegee. Hulle is:
Worpe meisies: 1ste. Nita-Mari Nel. 2de. Ashley Coleman. 3de. Soretha Kruger.
Worpe Seuns: 1ste. John-John van der Kolf. 2de. Tommy Becker. 3de. Francois Grobler.
Spronge meisies: 1ste. Gaby Nel. 2de. Kyla Venter. 3de. Esteé Pretorius.
Spronge seuns: 1ste. JJ Lourens. 2de. Jaun Korff. 3de. Gideon van der Walt.
Hekkies meisies: 1ste. Simoné van Wyk. 2de. An-Mari Vorster. 3de. Janika Pretorius.
Hekkies seuns: 1ste. Kagiso Magongoa. 2de. Wheto Magari. 3de. Lourens Kruger.
Lang- en middelafstand meisies: 1ste. Sulize van Rooyen. 2de. Michelle Kekana. 3de. Tshiamo Molala.
Lang- en middelafstand seuns: 1ste. David Mofommo. 2de. Peter Tau. 3de. Albert Kosana.
Naellope meisies: 1ste. Riëtte Uys. 2de. Simoné Pretorius. 3de. Simoné van Wyk.
Naellope seuns: 1ste. Marnus Uys. 2de. Kagiso Magongoa. 3de. Peter Tau.
Sertifikate is aan die lede van die skool se vier tennisspanne oorhandig. Twee van die spanne was suidstreek wenners. Die spanne is eerste span seuns, eerste span meisies, tweede span seuns en derde span seuns.