NewsSchools

‘n Kinkel in hierdie sprokies se kabel

Erica Kleuterskool se konsert

Eendag, lank lank gelede was daar…” het Erica Kleuterskool se konsert begin.

Die naam van die konsert, Sprokies met ‘n Twist het konsertgangers voorberei op ‘n interessante aandjie en nadat elke juffrou die sleutel in die slot gedraai het, het sprokies van ouds hul opwagting gemaak.

Dié konsert is aangebied op 12 September in die NG Kerk-Noord se kerksaal.

Die Eendjieklas het die storie van Die Lelike Eendjie met die oulikste danspassies vertolk terwyl die Zebraklas die storie van die skoenmaker en sy elfies vertel het.

Daarna was die Kameelperdklas op die verhoog met karakters uit Rooikappie, die Prinses en die Padda en Hansie en Grietjie, terwyl die Skilpadklas Sneeuwitjie, Raponsie en die Slapende Skoonheid op die planke gebring het.

Voor die gr. R klas hul musiekvaardighede ten toon gestel het, het die onderwyseresse van die skool ook die geleentheid gehad om te wys wat in hulle steek. Hulle het die verhaal van Die Prinses en die Ertjie vertel.

Die gr. R-klas het, met die hulp van Sandra de Lange van Kindermuzik, die gehoor vermaak.

Met die woorde van die bekende liedjie uit Wielie Walie is die gehoor weggevoer na ‘n sprokiesland soos min.

“Sleuteltjie, sleuteltjie op sag satyn, laat daar ‘n storie uit die boek verskyn. Draai die slot, die boek gaan oop…”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button