NewsSchools

Teddies bederf hul oumas en oupas

Osieteddies se kleuters het hul oupas en oumas met 'n koppie tee of koffie en 'n prettige konsert bederf

Osieteddies se kleuters het hul oupas en oumas op Saterdag, 14 September, met ‘n koppie tee of koffie en ‘n prettige konsert bederf.

Die kleingoed het liedjies soos Speelgoedland en Hy Hou die Hele Wêreld in Sy Hand uit volle bors gesing en gediggies soos Otjie Potjie en Ek is ‘n Mier opgesê.

Elke klas het die geleentheid gehad om hul oumas en oupas te beïndruk.

Volgens Osieteddies se hoof, Linda Kruger, bestaan Osieteddies uit twee huise, die Bere en die Teddies.

Die Bere het die geleentheid gehad om hul oupas en oumas te vermaak met spesiale liedjies soos Ouma en Oupa, terwyl die Teddies hul oupas en oumas beïndruk het met Wie is die Koning van die Oerwoud.

“Ek is so trots op my kleinkind. Dit was ‘n baie mooi konsert gewees,” sê Grieta du Plessis, ‘n trotse ouma.

Na die konsert het kleuters, hul ouers en grootouers heerlik onder die bome op die gras gesit en kuier met koffie, tee en koeldranke.

Elke ouma en oupa het ook ‘n geskenkie gekry om saam te neem huistoe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button