NewsSchools

Abakus-tegnieke hier getoets

Op Saterdag, 7 September het die tweede jaarlikse Semas Abacus streekskompetisie in Polokwane plaasgevind.

Op Saterdag, 7 September het die tweede jaarlikse Semas Abacus streekskompetisie in Polokwane plaasgevind.

Curro Heuwelkruin het hierdie kompetisie by Café Pavilion in die stad aangebied en 62 leerders van Polokwane het deelgeneem.

Die kompetisie het oor verskeie vlakke en grade plaasgevind en deelnemers moes die Japanese abakus bemeester om deel te neem.

Tyd het ‘n groot rol gespeel en deelnemers het twee vraestelle geskryf.

In die eerste vraestel het leerders die abakus gebruik. Deelnemers moes 40 optel- en aftreksomme binne ses minute voltooi.

Die tweede vraestel het gefokus op hoofrekene waar deelnemers, deur die abakus te visualiseer, 40 somme binne twee minute moes voltooi.

Die tellings is uitgewerk en die deelnemer met die hoogste persentasiepunt is as Kampioen van Kampioene aangewys. Die deelnemer met die tweede hoogste totaal is as Kampioen aangewys.

Daarna het die volgende 20% van die deelnemers met die hoogste punte goue medaljes gekry, die volgende 30% het sil-wer medaljes gekry en die volgende 40% het brons medaljes gekry.

Arno Lombaard, Kade Thompson en Meyer Olivier is in gr. 3. Arno het goud behaal, Kade het silver behaal en Meyer het brons behaal.
Arno Lombaard, Kade Thompson en Meyer Olivier is in gr. 3. Arno het goud behaal, Kade het silver behaal en Meyer het brons behaal.
Natalie Rentroia, Monique McCabe en Divan van Niekerk is almal in gr. 5. Natalie het goud behaal, Monique het brons behaal en Divan was aangewys as Kampioen van Kampioene.
Natalie Rentroia, Monique McCabe en Divan van Niekerk is almal in gr. 5. Natalie het goud behaal, Monique het brons behaal en Divan was aangewys as Kampioen van Kampioene.
Johane Potgieter, Ruan Groenewald, Kiana Faia, Marco Rentroia, Marika Steenkamp, Christiaan Enslin en Gregory Carlisle is almal in gr. 2 en het uitstekende resultate behaal in die SEMA kompetisie.
Johane Potgieter, Ruan Groenewald, Kiana Faia, Marco Rentroia, Marika Steenkamp, Christiaan Enslin en Gregory Carlisle is almal in gr. 2 en het uitstekende resultate behaal in die SEMA kompetisie.
Marco Faia is in gr. R en is die Kampioen van sy afdeling.
Marco Faia is in gr. R en is die Kampioen van sy afdeling.
Kayla Borman, Wouter Chalmers, Jeané Scheepers is almal in gr. 1.  Kayla en Wouter het beide brons gewen en Jeané het goud gekry.
Kayla Borman, Wouter Chalmers, Jeané Scheepers is almal in gr. 1. Kayla en Wouter het beide brons gewen en Jeané het goud gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button