Hoërskool Piet Potgieter se matriekleerders en hulle metgeselle het behoorlik geskitter tydens die matriekafskeid wat verlede Woensdag by die skool gehou is. Die modeparade op die rugbyveld het ‘n mens weggevoer na Hollywood se Oscar-geleentheid.
Die streng veiligheidsmaatreëls, elle-lange rooi tapyte, spog motors wat die paartjies afgelaai het, en pragtige uitrusting het als bygedra tot die glansgeleentheid.
Die hoofpawiljoen was gepak met die dorp se inwoners wat kom deel het in al die prag en praal. Die paartjies is toegejuig terwyl kameras van alle rigtings geflits het.
Fotos hierby is van die matrieks en hulle metgeselle.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!














