NewsSchools

Oud-leerder vertel van die voordele van geografie

'n Oud-leerder van Hoërskool Piet Potgieter wat deesdae 'n suksesvolle projekbestuurder by 'n groot geografiese onderneming

‘n Oud-leerder van Hoërskool Piet Potgieter wat deesdae ‘n suksesvolle projekbestuurder by ‘n groot geografiese onderneming is, het onlangs die gr. 9 leerders by die skool toegespreek.

Janco van der Merwe het sy interessante loopbaan met die leerders gedeel wat binnekort moet besluit watter keusevakke hulle aanstaande jaar gaan neem.

Hy het die leerders aangemoedig om geografie te neem en daarop gewys dat dit ‘n opwindende vak is waar jy inligting kry, verwerk en besluite daaroor neem.

“Die vak kan vir jou vorentoe baie deure oopmaak en vernuwe steeds soos tegnologie ontwikkel.

“As jy daarby wiskunde en natuurwetenskap as vakke het, kan jy jouself in verskeie geografiese rigtings bekwaam.”

Hy het vir die leerders gewys hoe inligting op die grond verkry word deur lug- en satelietfoto’s en waarom dit vir ontwikkeling en ook vir die bou van paaie en brûe belangrik is.

Die leerders het gretig deelgeneem en hom uitgevra oor sy beroep.

Van der Merwe het in 1994 aan die Hoërskool Piet Potgieter gematrikuleer.

Hy het ‘n diploma kursus in kartografie aan die Tshwane Universitiet van Tegnologie voltooi, waarna hy sy BSc honneursgraad in Geo-informatika aan die Universiteit van Pretoria behaal het.

Aartjie na sy vaartjie. Janco van der Merwe saam met sy pa, Johan, wat 'n geografie-onderwyser by die hoërskool is.
Aartjie na sy vaartjie. Janco van der Merwe saam met sy pa, Johan, wat ‘n geografie-onderwyser by die hoërskool is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button