Jakaranda Ringbal beplan gróót dinge vir die jaar
Die Jakaranda Ringbalklub het verlede Woensdag hulle eerste oefening vir die jaar kafgedraf en die klub se komitee sê hulle beplan groot dinge vir die jaar wat voorlê.
POLOKWANE – Die Jakaranda Ringbalklub het verlede Woensdag hulle eerste oefening vir die jaar kafgedraf en die klub se komitee sê hulle beplan groot dinge vir die jaar wat voorlê.
Verlede jaar het die klub baie goeie uitslae behaal en is ook aangewys as die ringbalklub van die jaar tydens Ringbal Limpopo se jaarvergadering.
Jakaranda Ringbalklub het verlede jaar drie vroue-, twee mans- en drie kinderspanne gehad wat in die liga meegeding het.
Vanjaar wil hulle meer spanne saamstel wat sal deelneem aan dié kampioenskappe. “Hierdie jaar wil ons weer bo uitkom en ons sal hard werk om ons doel te bereik,” sê Buks Scholtz, voorsitter van die Jakaranda Ringbalklub.
Dié klub spog met twee Suid-Afrikaanse skeidsregters en drie hoogsgekwalifiseerde afrigters.
Oefening vind Maandae en Woensdae plaas. Die juniorspanne oefen van 17:00 tot 18:00 en die seniorspanne oefen net daarna van 18:00 tot 19:00.
Kinders van agt jaar en ouer is welkom om by die klub aan te sluit, asook volwassenes wat in die sport belangstel.
Vir meer inligting oor oefentye en inskrywings, kontak Annelise Roelofse by 084 615 3196.



