MunicipalNews

Duisende rande vir water ‘n raaisel vir Aretha Tehuis

'n Hoë munisipale rekening gee vir Ina Koen, matrone van Aretha Tehuis, slapelose nagte

POLOKWANE – ‘n Hoë munisipale rekening gee vir Ina Koen, matrone van Aretha Tehuis, slapelose nagte.

Die tehuis se munisipale rekening was vandeesmaand R32 000.

Review het die saak ondersoek en gevind dat ‘n moontlike rede vir hierdie hoë rekening ‘n verkeerde watermeter-lesing kan wees.

Tydens Review se besoek aan die tehuis, verlede Donderdag, het die watermeter-lesing op 7 229 eenhede gestaan, maar op die munisipale rekening word die watermeter-lesing op 33 551 eenhede aangedui. Koen sê die probleem het in Julie verlede jaar begin.

“Die rekening was toe skielik R6 000. Ons was nog nooit eens agterstalig met betalings nie en ons rekening was nog nooit meer as R3 000 ‘n maand nie.

“Ek het navrae gaan doen by die munisipaliteit en daar het hulle toe bevestig dat dit ‘n fout was en hulle sou dit regmaak.

“Intussen het ons elke maand tussen R2 500 en R3 000 bly betaal, maar die fout is nooit reggemaak nie,” sê Koen.

Die rekening het geleidelik elke maand gestyg. In Augustus was die Tehuis se rekening R10 273, in September R11 334, in Oktober was dit R14 788, in November R19 385, in Desember R23 760 en in Januarie ‘n volle R26 736.

“Ek het bewys van elke maand se betaling, maar al betaal ek heel getrou, bly die rekening net styg en nie met ‘n paar rand nie, sommer met duisende. Dis mos nie moontlik nie,” sê Koen.

Volgens Koen was sy verskeie kere by die munisipaliteit om die probleem aan te spreek, maar die munisipale amptenare kom haar glo nie tegemoet nie.

Tidimalo Chuene, ‘n munisipale woordvoerder, sê sy sal die saak ondersoek en so gou moontlik aan Koen terugvoering gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button