Local NewsNews

Ons Tuiste ‘n hawe vir pensionarisse

In 1958 het die Rotariërs van Polokwane 'n droom gehad: om bekostigbare behuising aan pensioenarisse te bied.

POLOKWANE – In 1958 het die Rotariërs van Polokwane ‘n droom gehad: om bekostigbare behuising aan pensioenarisse te bied.

Só het Ons Tuiste tot stand gekom, en tans word meer 100 mense akkommodeer, met nog 36 mense in die sorgeenheid.

“Ons wil uitbrei, maar sukkel om grond te bekom by die munisipaliteit,” vertel John Hudson, voorsitter van die komitee.

Hy sê hul huisves mense bo die ouderdom van 60 jaar wat ‘n staatspensioen kry.

Ons Tuiste kry geen geld van die staat nie en is afhanklik van liefdadigheid, veral van instansies soos die Rotariërs. In die begin was daar net drie blokke met tien kamers elk. Elke kamer het ‘n kombuis gehad en daar was ‘n gesamentlike sitkamer. Ook is daar vier woonstelle gebou wat bedoel was vir getroude paartjies. Daar is ook ‘n administratiewe blok en gemeenskapsaal gebou.

Oud-komiteelede sluit Ida Goddard, Dick Baker, Simon Worms, Olaf Seather en Syd Williams in.

In 1963 is planne opgetrek om die administratieweblok en gemeenskapsaal uit te brei. Later is ‘n vierde blok gebou met ‘n verdere 10 kamers.

Hule eerste geldinsamelingsprojek was in 1980 in die vorm van ‘n oggend mark. Gholfdae is ook van tyd tot tyd gehou, met die eerste een wat deur die Capricorn Rotariërs in Maart 1979 gereël is.

Aan die einde van 1985 is die bou van 10 woonstelle afgehandel en kon mense daar intrek.

In 1988 het een van die woonstelle vir getroude paartjies oopgegaan en die komitee het gesien daar is ‘n behoefte aan ‘n sorgeenheid. Soos die woonstelle vir getroude paartjies oopgegaan het, is dit vir sorgeenheid in gebruik geneem.

Hierdie jaar vind hul jaarlikse basaar op Saterdag, 2 Augustus plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button