MunicipalNews

Gevaarlike gat nou toe

Die Polokwane Munisipaliteit het verlede week die gat op die hoek van Winter- en John Smithstraat in Westenburg toegegooi.

POLOKWANE – Die Polokwane Munisipaliteit het verlede week die gat op die hoek van Winter- en John Smithstraat in Westenburg toegegooi.

Dit volg na ‘n berig van Review oor Abraham Bernadus (39) wat in die gat geval het en sy been gebreek het.

Bernadus het gesê die munisipaliteit het meer as twee maande gelede ‘n waterpyp op die hoek reggemaak en nooit die gat daarna toegegooi nie. Die munisipaliteit het ook na bewering nie enige afskortings om die gat gesit om voetgangers te waarsku nie.

“Ek het die aand van die voorval om 20:00 van die werk af gekom. Dit was donker op die hoek en ek het nie die gat gesien nie. Toe val ek daarin en breek my been,” het hy gesê.

Malesela Maubane, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit het geen rekord van die gat gehad nie, maar die gat is verlede week deur munisipale werkers toegegooi nadat Review die probleem onder die munisipaliteit se aandag gebring het.

Soortgelyke klagtes kan by (015) 290 2376 aangemeld word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button