Local NewsNews

Mev. Polokwane deel komberse uit

Vanjaar se Mev. Polokwane, Nadia du Preez, het sedert Maart komberse ingesamel om onder minderbevoorregte persone uit te deel.

POLOKWANE – Vanjaar se Mev. Polokwane, Nadia du Preez, het sedert Maart komberse ingesamel om onder minderbevoorregte persone uit te deel.

Woensdag het sy en haar kerk se Bybelstudiegroep 57 komberse onder die stad se haweloses uitgedeel. “Dit is vir my lekker om ander te help en ek besef weereens hoeveel ek het en hoe min ander mense het,” het Nadia vertel.

Die groep het begin deur sop en brood by die Taberna Dei AGS-Oos gemeente te geniet en saam te bid. Hierna is hulle in verskeie motors na verskillende punte in die stad waar daar nie net komberse uitgedeel is nie, maar ook gebid is.

“Ek waardeer dit opreg. Ek slaap so koud. Ek het ‘n werk, maar nie ‘n huis nie,” het een van die haweloses, Matthew Matabane, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button