Broer- en susterspan reik uit na die inwoners van Bella Vista Tehuis
Twee leerders van Laerskool Pietersburg-Oos, Frederick en Maricke Fourie, het verlede jaar in Desember besluit om Bella Vista onder hulle vlerk te neem.
POLOKWANE – Bella Vista Tehuis is ‘n plek van omgee en liefde vir die 16 inwoners wat tans daar woon.
Irma Joubert, eienaar van die tehuis, sê die tehuis bestaan uit 11 houthuisies waarin die inwoners woon.
Elke huisie het ‘n plafon, volvloermat en blindings voor die vensters.
Twee leerders van Laerskool Pietersburg-Oos, Frederick en Maricke Fourie, het verlede jaar in Desember besluit om Bella Vista onder hulle vlerk te neem.
Hierdie broer en suster het ‘n opname gedoen om uit te vind wat die tehuis nodig het. Daarna het hulle die nodige goedere aangekoop en aan Bella Vista se inwoners geskenk om ‘n onvergeetlike Kersfees te verseker.
“Die inwoners het toiletware soos lyfroom en sjampoe gekry asook komberse en handoeke.
“Elke inwoner was opreg dankbaar en hul oë het behoorlik gestraal van vreugde. Dit was ‘n wonderlike verrassing vir hulle,” het Joubert gesê.



