Editor's choiceLocal NewsNews

Voortrekkers ingelig oor dwelmmisbruik

Dwelmmisbruik is wêreldwyd 'n groot probleem en die Doornkraal Voortrekkerkommando het verlede Dinsdag 'n inligtingsessie aangebied om hul lede meer weerbaar te maak wanneer dit by hierdie gevaarlike middels kom.

POLOKWANE – Dwelmmisbruik is wêreldwyd ‘n groot probleem en die Doornkraal Voortrekkerkommando het verlede Dinsdag ‘n inligtingsessie aangebied om hul lede meer weerbaar te maak wanneer dit by hierdie gevaarlike middels kom.

Voortrekkeroffisier en polisiebeampte, lt. kol. Venita Olivier, het aan Review vertel dat die idee om hierdie inligtingsessie aan te bied ontstaan het tydens ‘n gesprek wat sy gevoer het met die gr. 6-lede oor leierskap en groepsdruk.

“Ek is ‘n polisiebeampte en sien gereeld watter skade dwelmmisbruik aanrig. Dwelmgebruik is nie meer beperk tot ouer leerders nie en begin al hoe meer by laerskole in Polokwane kopuitsteek. Daar is geweldige druk op ons kinders om dwelmmiddels te probeer,” het sy verduidelik.

Nicole Claasen wys vir Mia van Eeden hoe dagga lyk tydens 'n dwelmweerbaarheidssessie by die Doornkraal Voortrekkerkommando verlede Dinsdag.
Nicole Claasen wys vir Mia van Eeden hoe dagga lyk tydens ‘n dwelmweerbaarheidssessie by die Doornkraal Voortrekkerkommando verlede Dinsdag.

Olivier het haar kollega, a.o. Peter Mothemela, en sy snuffelhond, Ore, genooi om met die Voortrekkers te kom gesels oor middels soos dagga, mandrax, ecstacy en kokaïene.

Mothemela het elke dwelmsoort met die lede bespreek en hulle kon ook kyk hoe dit lyk en die verskillende middels hanteer op ‘n veilige manier.

Daarna het hy die lede gevra om die houers met die dwelmmiddels in weg te steek op die perseel.

Maak nie saak hoe goed hulle die middels weggesteek het nie, Ore het dit keer op keer uitgesnuffel.

(MEER FOTO’S)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button