Die verskil tussen ongeskiktheid en inkortingsvoordele
Mense vind dit dikwels moeilik om te verstaan waarom hulle dekking vir sowel ongeskiktheid as inkorting benodig. Dit is dus belangrik om te sorg dat jy die verskillende funksies van hierdie voordele verstaan, asook waarom albei voordele ‘n uiters belangrike deel van hul lewensversekeringsportefeulje uitmaak. Ongeskiktheid impliseer die onvermoë om ‘n beroep te vervul ten …

Mense vind dit dikwels moeilik om te verstaan waarom hulle dekking vir sowel ongeskiktheid as inkorting benodig.
Dit is dus belangrik om te sorg dat jy die verskillende funksies van hierdie voordele verstaan, asook waarom albei voordele ‘n uiters belangrike deel van hul lewensversekeringsportefeulje uitmaak.
Ongeskiktheid impliseer die onvermoë om ‘n beroep te vervul ten einde ‘n inkomste te verdien. Inkortingsvoordele is daarop gemik om vir hierdie toekomstige verlies van inkomste te kompenseer. Inkorting impliseer ‘n fisieke of funksionele steurnis – soos die verlies van ‘n ledemaat – wat nie gekoppel is aan die vermoë om ‘n inkomste te verdien nie. Inkortingsvoordele is net so belangrik soos ongeskiktheidsvoordele want albei verskaf dekking teen onvoorsiene en onverwagse uitgawes.
Dit is belangrik dat mens die noodsaaklikheid begryp van dekking teen ongeskiktheid en inkorting, selfs al het hulle geen afhanklikes nie. Inderdaad is hierdie soort dekking net so belangrik vir mense wat nie afhanklikes het nie want dit laat hulle toe om finansieel onafhanklik te bly, hul waardigheid te behou en selfvoorsienend te bly.
Die meeste omvattende ongeskiktheidsprodukte inkorporeer ongeskiktheid- en inkortingsdekking maar hierdie voordele kan ook afsonderlik uitgeneem word. Byvoorbeeld: ‘n Mens kan inkortingsdekking koop as hulle nie vir beroepsongeskiktheid kwalifiseer nie omrede hulle ‘n nie-versekerbare beroep beoefen.
Tradisioneel was dit baie moeilik vir mense met beroepe wat fisies veeleisend is – soos professionele atlete, bouers en loodgieters – om ongeskiktheidsdekking te bekom omrede hulle ‘n bogemiddelde risiko vir versekeraars was. En dit is juis hier waat inkortingsvoordele belangrik is want dit laat mense toe om hul lewenstyl te verseker, en dit is gekoppel aan die vermoë om daaglikse aktiwiteite uit te voer, eerder as die vermoë om ‘n besondere beroep te beoefen.
Kortliks: albei hierdie voordele vorm ‘n belangrike deel van mens se versekeringsportefeulje want saam dek hulle verskillende aspekte van die finansiële las wat plaasvind die oomblik as ‘n mens se vermoëns ingeperk word.
‘n Ongeskiktheidsvoordeel verskaf dekking vir verlies aan inkomste terwyl ‘n inkortingsvoordeel mens sal help met onvoorsiene en onverwagse uitgawes op daardie stadium wanneer hulle dit die nodigste het.
Groetnis
Koos.
* Koos de Wet is ‘n finansiële beplanner by PSG en lid van die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika. Lesers kan hom kontak by (015) 491 2020 / 082 881 4672 of psgk@mweb.co.za.



