Local NewsNews

Koos bederf die kultuurvrate

N.G. Gemeente Bendorpark was stampvol Donderdagaand toe PHS se sêrriegroep, Amika, en bekroonde sanger Koos van der Merwe hier opgetree het.

POLOKWANE – N.G. Gemeente Bendorpark was stampvol Donderdagaand toe PHS se sêrriegroep, Amika, en bekroonde sanger Koos van der Merwe hier opgetree het.

Voor die aanvang van die hoofprogram het Pietersburg Hoërskool leerder, Erika Botha die gehoor vermaak met haar monoloog, Pottie en ‘n liedjie, Jy Is Uniek, uit haar eie pen.

Amika het die hoofprogram afgeskop met hul bekoorlike sang en die atmosfeer geskep vir Van der Merwe se optrede.

Sy diep stem is grootliks bekend vir die onlangse verwerking van die sanger Leonard Cohan se liedjies na Afrikaans.

Van der Merwe vertel tussendeur dat daar reeds so baie swaar in die lewe is dat ‘n mens daarteen moet waak om in die gemoed ook so swaar te dra. Hy het ook vertel van sy nuwe album, die kinderboeke wat hy skryf en die digbundel, wat op die aand te koop was.

Aanhangers kon foto’s neem saam met koop na afloop van die aand, en almal was dit eens dat die optrede spesiaal was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button