Editor's noteLocal NewsNews

Paartjie deel die geheim van hul geluk na 60 jaar saam

Lees 'n ware verhaal wat net so mooi is soos dié uit die ou sprokies.

POLOKWANE – Eendag lank, lank gelede, dis hoe meeste sprokiesverhale begin, maar ons het die voorreg gehad om te hoor van ‘n ware verhaal wat net so mooi is soos dié uit die ou sprokies.

Op 27 Mei 1955 is twee mense in die huwelik verbind, maar hul liefdesverhaal het reeds ‘n paar maande voor dit op ‘n plaas naby Marken begin.

Dit is die verhaal van Lenie en Willie Fourie wat vandag (Donderdag) 60 jaar getroud is.

“Willie was ‘n polisieman gestasioneer op Villa Nora. Die polisielede het gereeld die plase naby Marken patroleer en dan soms middagete saam die plaasgesinne geniet.

“Ons het vir ses maande uitgegaan toe ek ‘n abses in my tand kry, en hy het my na ‘n tandarts in Mokopane geneem. Daardie dag wat die dokter my tand getrek, het Willie die ring gekoop,” vertel Lenie.

Willie onthou die dae met ‘n glimlag op sy gesig. Hy vertel dat daar swaar reën was wat al die brûe weggespoel het.

“Ek was vir drie maande afgesny van Villa Nora en moes by Lenie-hulle op die plaas bly aangesien ek naaste aan hulle plaas was toe dit begin reën het.”

Dit was in die verlede heelwat makliker gewees om ‘n troue te beplan en drie maande na hul verlowing was hulle in die huwelik bevestig, Lenie was 18 jaar oud en Willie was 28, uit die huwelik is twee dogters en ‘n seun gebore.

“Ons het ses kleinkinders, ons aangetroude kleinkinders en ses agterkleinkinders, meeste van hulle bly in Polokwane en loer gereeld by ons in,” vertel Lenie.

Die paartjie vertel dat die sukses vir so ‘n lang en gelukkige huwelik beslis liefde vir mekaar en God se genade is. “Soos in enige ander huwelik het ons wel soms rusie gekry maar ons het nooit kwaad vir mekaar gaan slaap nie, ons het ook nooit in die publiek baklei nie, ons respekteer mekaar te veel,”

Die egpaar is steeds gesond en bly op hul eie, die enigste kind wat nou by hulle in die huis is, is Pollie, die African Grey papegaai.

 

For more breaking news visit our websites www.capricornreview.co.za or www.reviewonline.co.za

Follow us on twitter or Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button