Editor's noteLocal NewsNews

PIENKVOETJIES: Rooiwyn en pienkvoete werk nie saam nie

"Toe ek my man, Veronese, vertel was hy besig om gras te sny. Hy het met die grassnyer in die muur ingeloop toe hy sien die toets is positief" Leatithia Duvenage

POLOKWANE – Na 10 jaar en verskeie kunsmatige inseminasie-prosesse het Leatithia Duvenage nie gedink sy sal swanger raak nie. Nadat sy ‘n aand saam haar vriendin gaan kuier het en siek geword het van ‘n paar glasies wyn, het sy begin twyfel en ‘n swangerskaptoets gaan koop.

“Toe ek my man, Veronese, vertel was hy besig om gras te sny. Hy het met die grassnyer in die muur ingeloop toe hy sien die toets is positief. Daarna moes ek letterlik nog 10 toetse koop voor hy geglo het ek is swanger,” vertel sy laggend waar sy langs Veronese sit.

Nege maande later is Theuns, of Ka-Theuns soos sy ma hom noem, gebore. Hy is nou vyf maande oud en die middelpunt van sy ouers se lewe. “Die swangerskap was baie moeilik, ek was die eerste drie maande heeltyd siek en was vyf keer in die hospitaal binne ‘n tydperk van drie maande. Die laaste maand was ek op bedrus.”

Theuns is drie dae voor die beplande datum met ‘n noodkeiser gebore en op drie weke was hy hospitaal toe gehaas toe hy ophou asemhaal het. “Die dokters het vir ons vertel dat hy dit wel sal ontgroei, maar dit was ‘n aaklige gevoel,” vertel sy ma.

Die eerste ding wat die egpaar vir Theuns gekoop het, was ‘n Sleepy Sheep, dit is ‘n skapie wat die hartklop van ‘n ma namaak. Leatithia het ook ‘n fopspeen obsessie ontwikkel, en Theuns het nou ‘n fopspeen om by elke uitrusting te pas.

Badtyd was ook vir hulle ‘n vreemde uitdaging, nou raak badtyd speeltyd en hulle geniet dit vreeslik.

“Veronese werk lang ure en ek was dikwels alleen by die huis, nou het ek ‘n klein bondeltjie om my geselskap te hou,” vertel Laetithia met ‘n warm glimlag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button