Bosveld NewsNews

Motoriste kan nou veiliger voel terwyl hulle inkopies gaan doen

SIEN 'n mens 'n karwag met 'n glimbaadjie en identiteitskaartjie kan jy weet dié wag is by die SAPS geregistreer en kan jy met 'n geruste hart jou inkopies gaan doen.

MOKOPANE – SIEN ‘n mens ‘n karwag met ‘n glimbaadjie en identiteitskaartjie kan jy weet dié wag is by die SAPS geregistreer en kan jy met ‘n geruste hart jou inkopies gaan doen.

Die Gemeenskaps Polisieërings-forum het onlangs besluit dat karwagte gekontroleer moet word om te keer dat vreemdelinge en onwettige immigrante motors oppas. Die karwagte se netjiese groen glimbaadjie en identiteitskaartjie is deur die Mokopane Sakekamer geborg en die oppassers is nou by die SAPS geregistreer.

Die karwagte sal ook hul oë en ore oophou vir ongewenste vreemdelinge, misdaad en dwelm-smokkelary.

Die gemeenskap mag aan die karwagte fooitjies gee vir hul dienste, maar dit is nie verpligtend.

Die gemeenskap word gevra om enige wangedrag van karwagte so spoedig moontlik aan die personeel van die Sakekamer te rapporteer by 015 491 8458.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button