Jannie Sounes nóg nader aan sy droom om die VSA te besoek
Die Levubu Night Trail fun run/walk was Saterdagaand, 20 Junie aangebied by die El Baruch Academy in Levubu ten bate van Jannie Sounes se droom.
LOUIS TRICHARDT – Die Levubu Night Trail fun run/walk was Saterdagaand, 20 Junie aangebied by die El Baruch Academy in Levubu ten bate van Jannie Sounes se droom.
Review het laasweek oor Jannie Sounes geskryf en sy droom om na 12 jaar se nugterskap die Alkoholiste Anoniem 2015 International Convention in Atlanta Georgia in Amerika te gaan bywoon vanaf 2 tot 5 Julie berig.
Jannie het die inisiatief geneem om pastoor Craig Whitcomb te nader met ‘n idee vir ‘n fondsinsameling, Daar het die idee van ‘n pretdraf/-loop ontwikkel en hulle het binne vyf dae die byeenkoms gereël.
Bruin papiersakkies met kerse in het die pad aangedui en baanopsieners het hulle in die regte rigtings gelei.
Alhoewel dit op ‘n aand in die hartjie van die winter was, het dit nie die deelnemers en ondersteuners gestuit nie.
Jannie en sy vrou Estie het lekker vuur gemaak en gesorg vir heerlike groente- en boontjiesop.
Drank nie meer sy baas, het nou ‘n droom






