Gebede vir Lida
Verlede jaar vroeg in Julie het die Fourie-gesin in Polokwane se lewens skielik verander toe dr. Lida, 'n gewilde en geliefde tandarts in die stad, 'n hartaanval gehad het.
POLOKWANE – Verlede jaar vroeg in Julie het die Fourie-gesin in Polokwane se lewens skielik verander toe dr. Lida, ‘n gewilde en geliefde tandarts in die stad, ‘n hartaanval gehad het.
Sy en haar seuns het koffie gaan drink in ‘n winkelsentrum toe sy inmekaar gesak het.
Sy is na Mediclinic Limpopo geneem waar sy onder verdowing gehou is en verdere toetse gedoen is.
“Dit gaan onder omstandighede goed met Lida,” vertel haar man, ds. Thys Fourie van die Hervormde Gemeente Pietersburg.
“Sy is wakker, maar ons weet nie of sy bewus is van ons nie.
“Sy reageer ook nie en dit lyk nie of sy ons herken nie.”
Lida word steeds by die Theunis Fichardt Hospitium versorg en Thys sê dat kuiermense welkom is, maar dat hulle wel versigtig is teen verkouekieme.
Die Facebookblad wat gestig is vir Lida, Lida Fourie se gebedsgroep is nog aktief en daar is gereeld nuus oor hoe dit met Lida gaan, asook boodskappe van ondersteuning aan die familie.
Lida het vir 17 jaar as tandarts in die stad gewerk.
Tandarts kritiek na hartaanval
Geliefde arts se toestand is kritiek




