Editor's choiceLocal NewsNews

‘My beste jaar as Mev. Polokwane’

Amper aan die einde van haar jaar as Mev. Polokwane, het Review met haar gaan gesels om te hoor oor haar jaar as Mev. Polokwane en hoe dit haar lewe beïnvloed het.

POLOKWANE – In November verlede jaar, terwyl musiek speel, ligte flits en mense hande klap, is Loudine Redelinghuys aangewys as Mev. Polokwane 2015 (video). Nou, amper aan die einde van haar jaar as Mev. Polokwane, het Review met haar gaan gesels om te hoor oor haar jaar as Mev. Polokwane en hoe dit haar lewe beïnvloed het.

“So ver was dit baie lekker. Dit is ongelooflike harde werk, maar beslis die moeite werd,” sê Loudine.

Loudine was betrokke by verskeie projekte en organisasies. Sy het begin met die Kersliggies by Polokwane Kinder- en Gesinsorg en in Januarie het sy gesorg dat die kinders skryfbehoeftes ontvang vir die jaar wat voorlê. Sy het gereeld gaan sop uitdeel en ook komberse ingesamel en uitgedeel. Loudine het vir die inwoners van Aretha Tehuis gaan kuier en geld ingesamel vir Ngwana Babahuis. In April het sy ‘n draai gemaak by die Tough Living with Cancer (TLC) saal by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal waar sy vir die kinders en hulle ouers paaseiers gegee het. Childline het haar ook genader om ‘n boek aan die premier te oorhandig tydens ‘n optog wat hulle gehou het.

“Baie mense sê hierdie instansies kry baie, maar hulle het baie nodig. Ek dink ek het veral na my dogtertjie Lua se geboorte, ‘n sagte plek vir kinders. My hart bloei vir hulle. Die lekkerste deel van my tyd as Mev. Polokwane was om die kinders se gesigte te sien ophelder as jy vir hulle iets gee of doen. Hulle gee ook altyd drukkies. Hulle oordeel nie en hulle is opreg dankbaar,” sê Loudine.

Loudine vertel dat sy baie meer selfvertroue gekry het nadat sy verkies is. Sy sê dat dit steeds vir haar ‘n uitdaging is omdat sy uit haar gemaksone moes beweeg, maar al was dit moeilik, was dit steeds lekker.

“Ek het ‘n wonderlike ondersteuning-stelsel. My man, Eben, is wonderlik. Hy help oral waar ek hom nodig het en my skoonma kyk gereeld na Lua as ek ‘n funksie bywoon. Ek wens ek kon Lua oral saamneem dat sy kan sien wat ek doen sodat sy ook kan leer dat ‘n mens goedhartig moet wees. Sy is ongelukkig nog te jonk en kan nie oral saam gaan nie. Die vroue op die Mev. Polokwane-komitee is soos familie, hulle help en ondersteun jou baie. Ek is baie gelukkig om deel te kon wees van hierdie familie,” sê Loudine.

Sy vertel dat die volgende Mev. Polokwane opreg moet wees en nie inskryf bloot vir die aansien nie.

Sy moet onafhanklik kan werk en inisiatief kan neem en kreatief wees. Laastens moet sy vriendelik wees met ‘n uitgaande persoonlikheid.

“Een van die minder lekker dinge om te doen is om die titelband aan te sit. Ek wil nie in die kollig wees nie en hou nie daarvan as al die aandag op my gevestig is nie. As ek weer kon kies, sou ek weer inskryf en dit weer doen. Dit is regtig lekker om die gemeenskap te help.”

 

VIDEO: Review praat met Loudine Redelinghuys, Mev. Polokwane 2015

And the city’s new Mrs Polokwane is…

Mev. Polokwane ‘n sterk vrou en ma

Mev. Polokwane begin uitreik

Mev. Polokwane se pakke skryfplesier

City’s men sweat it out for love

Children marching against child abuse

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button