Editor's choiceLocal NewsNews

Jammies sal gemis word

Dit was n donker dag in die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld toe bekende en geliefde Jammies Jamneck (66) se dood in die vroëe oggendure van Maandag, 20 Julie bekendgemaak is.

POLOKWANE – Dit was n donker dag in die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld toe bekende en geliefde Jammies Jamneck (66) se dood in die vroëe oggendure van Maandag, 20 Julie bekendgemaak is. Jammies was bekend oor die hele land, hy het diep spore in die Polokwane gemeenskap getrap toe hy in die sewentiger-jare by Laerskool Pietersburg-Noord onderwyser was.

Oud-Polokwane inwoner en welbekende in die stad, Dia van Staden beskryf Jammies as ‘n introvert wat nie daarvan gehou het om by ander mense se gesprekke of sake betrokke te raak as dit hom nie direk geraak het nie. Pietersburg Hoërskool onderwyser, Louis Scott vertel dat hy en Jammies saam studeer het en beskryf Jammies as ‘n ongelooflike kreatiewe persoon. “Hy was ‘n mense-mens en ‘n vriend in die ware sin van die woord. Selfs na hy roem behaal het was hy steeds nederig,” vertel Scott.

Inwoner Attie Vermaak vertel dat Jammies iemand was wat hy baie goed geken het en dat hy hom kan beskryf as ‘n baie wonderlike mens. “Hy was iemand wat honderde verskillende mense kon laat lag. Hy het net die talent daarvoor gehad. Min mense weet dat Jammies eintlik ‘n baie diep mens was agter die grapjas, lief vir sy taal en lief vir mense. Jy kon maklik met hom praat oor enige iets en hy kon onderhoudend met iemand praat omdat hy eintlik ‘n baie slim man was wat byna alles van alles geweet het.”

Sy vrou Gerrie vertel dat haar man baie geliefd was en dat die plek wat hy nalaat baie leeg is. “Ek voel leeg, my maatjie is weg en niks kan hom vervang nie,” vertel Gerrie.

Jammies het gesukkel om te herstel nadat sy kolon weens kanker op Maandag, 6 Julie verwyder is in die Steve Biko hospitaal in Pretoria. Hy het in Silverton, Pretoria gebly. Hy was die baskitaarspeler vir Rina Hugo, Annelie van Rooyen en die groep Touch of Class. Hy word oorleef deur sy vrou, Gerrie en sy seuns, Conrad en Franco.

Daar sal Vrydagoggend om 10:00 ‘n gedenkdiens vir Jammies wees by die N.G. Kerk Silvertom op die hoek van Bosman- en Blomstraat in Silverton.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button